'n Seer hart, Byt vas

God is groter as opgee

Moenie ooit dink aan opgee
Liefste kinders
As Ek altyd
Naby is

My hart is om vreugde
Vrede en blydskap
In jou hart te laat ontspring
Om altyd nuwe hoop aan julle te gee

Sal julle My asseblief
Daarvoor begin vertrou liefste kinders
Meer en meer
In die wind en weer

Ek wil hê julle moet altyd weet
Dat Ek naby is
Veral wanneer dit
Die onmoontlikste lyk

Ek is die Antwoord
Ek is die Hoop
Ek is die Lig
In ‘n donker, hopelose en vol-vrae-wêreld

My liefste kinders
Begin asseblief om julle oë op My te hou
Al is dit nie altyd vir julle maklik nie
Wil Ek hê julle moet weet Ek is altyd te vertrou

Plaas julle oë dan asseblief op My
Hou dit daar en weet
Maak nie saak wat
Ek sal julle deur die donkerste nag bly dra

Moenie toelaat dat die vyand
Julle vreugde en vrede in My steel nie
Liefste kinders
Jou omstandighede moet dit nie bepaal

Wees ‘n lig vir hierdie wêreld
Met My krag in jou
Kan jy liefste kind
Loof en prys My

Moenie ooit dink aan opgee
Hou vas My liefste kinders
En weet
Ek kom beslis weer

Om julle te kom haal
Sodat julle kan wees waar Ek is
Sodat ons weer vir altyd
Sal saam wees

Jou vreugde en blydskap
Moet jy in My vind
Ek is die rede
Om aan te hou met aangaan en nooit moed opgee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s