'n Seer hart, Nuwe hoop

Goue woorde

Gee My al die lof
En eer van julle harte
Laat My binnekom
Dit is wat Abba sê

Liefste wêreld
Kinders van hierdie wêreld
Kan julle nie sien, kan julle nie hoor
Ek is die Ewige Ek Is

Liefste wêreld
Daar is en sal nooit
Enige iemand soos Ek wees
Dit moet julle weet

Ek is ewig
Sê Abba Vader
Niks of niemand
Sal ooit-ooit soos Ek wees

Ek vra dat julle, julle harte
Oopmaak liewe wêreld
Ek vra dat julle rerig
Aan My sal behoort

Hoekom is dit vir julle
So moeilik om oor te gee aan My
Liefste kinders
Ek verstaan nie

Hoe kan dit so moeilik wees om te glo
Om oor te gee aan My
Liefste kinders
Selfs ‘n kind weet hoe om dit te doen

Gaan leer asseblief by hulle sê Abba
Gaan leer by die kinders in julle lewens
Gaan sien sê Abba hoe hulle, hulle harte
Oopmaak vir alles wat mooi en van My is

Kinders hoef mens nooit te leer nie
Sê Abba
Hulle ontvang My so maklik
Want hulle harte is altyd oop

Kinders Ek wil hê
Ek wil vra dat julle, julle harte
Asseblief vir My sal begin oopmaak
Begin asseblief om My ‘n kans te gee

Ek weet julle harte is seer sê Abba
Van die wêreld se seer
Kinders van Abba-God, kinders van die wêreld
Ek wil dit beter maak

Ek weet sê Abba, Ek weet
Die wêreld se seer maak dat
Julle My nie wil vertrou
Kinders julle moet weet dat Ek anders is

My hart is sag sê Abba
So sag wanneer Ek sien dat iemand se hart
Stukkend en gebreek is
My hart is nooit om daaraan by te voeg

Liefste kinders
Ek wil hê dat julle sal weet
Ek gee rerig om vir julle
Nêrens is te vêr vir My om julle nie te gaan haal

My woorde is soveel meer
As hol woorde sê Abba
My kinders dit is soveel meer
My Woord is waarlik My eer

Pappa se kinders luister
My Woord is nie soos julle s’n nie
Dis beter
Dis soveel meer

Begin My asseblief glo sê Abba
Begin asseblief waarlik oopmaak
Vanuit die hart
Kind tree vir tree

Kind ons gaan klein begin
So, so klein
Ek wens jy kon sien
My liefste kind jy kan My hart vertrou

My hart is suiwer diamante sê Abba-God
Suiwer goud
Kinders Ek wens so julle kon sien
Julle kan My hart vertrou

Julle kan op My
En My Woorde staatmaak
Sê Abba
Ek kan julle nie in die steek laat

Dit is wie Ek is
Sê Abba
Altyd getrou
Veral teenoor die wat getrou bly aan My

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek gee om vir julle
Met ‘n liefde so groot

Julle harte moet begin
Oopgaan vir My sê Abba
Asseblief liefste kinders
Ek sien die nood waarin julle verkeer

Maak julle harte wyd oop
Asseblief liefste kinders
Laat My inkom
Gee My net ‘n kans

Nooit sal jy spyt wees
Jy het My hand gevat
As jy is
Dan weet jy nog nie wie Ek is

Kinders van My hart
Luister asseblief vir My
Julle kan My hart vertrou
Ten volle en julle weë begin neerlê

Kinders My hart vir julle
Is mooi
So mooi
Ek wens julle kon dit sien

Ek het nodig dat julle
My hart vertrou sê Abba
Ek het nodig dat julle glo
Dat Ek liefde is

Suiwer liefde sê Abba
Suiwer liefde wat opreg omgee
My liefste kinders
Dit is wie Ek is

Dis daarom dat Ek vra
My liefste kinders
Kom na My
Asseblief gee My ‘n kans

‘n Kans om jou lewe
Beter te maak as wat jy ooit kan droom
‘n Kans om jou
‘n Nuwe Begin te gee

My liefste kinders
Met My is die oue verby
Met My het die nuwe gekom
Prys My dan daarvoor

My liefste kinders
Ek gee om vir julle
Ek is lief vir julle
Ek vra julle om dit te glo

Moenie dat dit net woorde bly nie
Sê Abba
Laat toe dat die waarheid daarvan
Diep insink en woning in jou hart vind

My kind Ek gee so om vir jou
As jy net kon sien
Asseblief liefste kind vertrou My
Gee My ‘n kans

Alles, alles kan vir jou verander
As jy net wou ja sê
As jy My net waarlik wou innooi
En die pad saam met My begin loop

Kinders van My hart
Julle loop diep in My hart
Ek kan nie genoeg van julle kry
Ek is so lief vir jul

Ek wil hê ons moet gereeld
Tyd saam spandeer
Ek wil hê ons moet gereeld
Bymekaar uitkom

Kinders van My hart
Ek glo in julle
Ek weet julle kan
My ‘n kans gee

‘n Ware kans sê Abba
Dis al wat Ek vra
‘n Kans om vir jou te wys
Wat Ek deur jou lewe kan doen, wie Ek rerig is

Kinders gee My ‘n kans
Asseblief
‘n Ware kans
Dit is al wat Ek vra

Moenie opgee nie
Moenie los
Wanneer dinge eers moeilik en dan beter raak
Druk deur saam met My

Kinders van My hart
Julle moet weet
Ons gaan dit maak
Hou net aan om julle oë op My te hou

Al raak dit hoe moeilik
Sê Abba
Hou net vaster aan My en weet
Ek sal julle nie versaak

Dit is nie wie Ek is nie
Sê Abba
Nooit nie
Julle kan My hart vertrou

Gee My ‘n kans
Wys vertroue
Sê dankie vir ‘n Nuwe Begin
Kind van My hart kom ons begin vandag

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s