Blinde oë, Nuwe hoop

Rigting-Aanwyser van die hart

U woorde wat so sag
In my hart fluister
Dit is lewe, dit is hoop
Dit is alles wat mooi is

Vir daai stem moet ons
Nooit ooit sê
Gaan weg
Ek wil niks van jou hoor

Dis mos hoe ons weet
Waar ons Vader is
Waar Hy so graag wil hê
Ons moet wees

Pappa se kinders
Hoor My asseblief
Moenie My wegwys
Ek is die stem wat Lewe gee

Die stem wat altyd vir My kinders sê
Ek is trots op jou
Liefste kind
Kom ons probeer net weer

Liefste kind
Pappa se kind
Dis altyd Ek
Wat in jou hart se ore fluister

Hoekom wil so min van julle
Altyd vir My hoor
Daar is so min sê Pappa
Daar is so min

Liefste kinders Ek wil vra
Asseblief sal dit nie meer wees
Kan ons net oorbegin sê Pappa
Asseblief kan ons oorbegin

Liefste kinders
Pappa se kinders
Ek weet wat is goed vir julle
Ek sal julle die regte rigting aandui

Liefste kinders
Daar is geen beter kompas
As Ek in jou hart
Ek wat altyd die rigting gee

Liefste kinders
Asseblief luister vir My
Ek wil die Rigting-aanwyser in jou hart wees
Die een wat sê ja, die een wat sê nee

Pappa se kinders
Sal julle asseblief My oordeel vertrou
Sal julle asseblief weet dat Ek altyd
Die beste vir julle wil hê

Ja sê Pappa
Dis ‘n wonderlike ding
Om My Koning van jou hart en lewe
En ook elke besluit te maak

Sal jy liefste kind
My Raad kom vra
Sal jy asseblief kom hoor
Elke keer net voor jy begin

Liefste kinders, Abba se kinders
Dis al wat Ek vra
Geloof wat sê ek vertrou my Pappa
Om die keuses vir my te maak

Dis lewe
My liefste kinders
Dis waarnatoe dit lei
Dit is al wat Ek vra

Vertrou My hart
Vertrou My hart
Dit is die eenvoudige vra
Wat leef in My hart

Sal ons sê ja
As Hy sê ja
Sal ons sê nee
As Hy so vra

Kom ons begin vandag
En al kry ons dit nie altyd reg
Kan ons mos maar net
Weer opstaan

God se stem wat in ons harte fluister
Oe dis mooi
Dit is so mooi
Ek wil dit altyd hoor

Sal jy ja sê
Sal jy vandag begin
Sy stem in jou hart
Laat dit die Rigting-aanwyser van jou lewe is

Vader ons gee oor
Ons sê ons vertrou U hart
Ons begin oor
Ons wil rerig Abba-Vader van U hoor

Die Rigting-aanwyser van my hart
Wil ek aan U oorgee
U die Een
Wat Ware Lewe gee

Daai troontjie wil ek nie meer besit
Dit kry my net
In die grootste moeilikheid
Partykeer o Heer

Ek sal U hart vertrou
U toelaat om vir my rigting aan te gee
Wyse keuses kan U maar vir my maak
Ek sal die een wees Vader wat sê ja

Rigting-Aanwyser
Van die hart
Die Een wat rigting
Aan my hart gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s