Liefde so groot, Lofprysing

Goed, groot & genoeg

My hart loop oor van
Dankbaarheid teenoor U Abba-God
U genade is so groot
U liefde is als wat ons nodig het

Dankie Abba-God
Dat U so goed en wonderlik is
Dankie dat U ons harte stil
Met groot vrede in ons gemoed

Dankie Vader
Dat U so goed is
Dat U so wonderlik is
Daar is net niemand soos U

U verdien al die lof en eer
Al die prys wat hierdie wêreld
Ooit kan gee
U is die grote God

Dankie grote God
Liefste God
Vir aanvaarding groot
Vir genade onverdiend

Ons harte wil bly sing
U maak ons so baie bly
Dankie dat ons aan U kan behoort
Dit maak ons so bly

U is die grootste God
God van genade
God so groot
Die Enigste Een wat ewig leef

Dankie Vader vir vreugde groot
Dat ons U Naam kan bly besing
Vir lofgesange wat in ons harte bly woon
Vir aanvaarding van Bo

Omdat U ons gekies het
Omdat U liefde is
Omdat U weer kom
Abba ons sê baie dankie daarvoor

U genade is groot
U genade is genoeg
Daar is niks meer
Wat ons in hierdie lewe nodig het

Vader ons wil aan U
Al die lof en eer toebring
Dankie so baie vir wie U is
Ons groot, wonderlike en sterk Koning

Ons wil veraltyd
Aan U bly behoort
Die Een wat waardig is
Die Een wat waardig bly

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s