Lofprysing, Nuwe hoop

Rustige Harte

U genade is so groot
Dankie Koning Jesus daarvoor
Alle lof en eer wil ons bly bring
Vir die Een wat in die hemel woon

U maak ons harte so bly
Grote Koning
Ons is so bly dat ons aan U behoort
En dat daar niemand soos U is

Dankie Abba-God
Dankie vir genade groot
Dit is onverdiend
Dit bly die grootste geskenk

Dankie dat U ons liefhet
Selfs al het ons U nie lief
Dankie dat U aanhou probeer
En dat U nooit sal opgee

Vader U genade
Maak ons harte so rustig
Want ons weet U is God
En U is groot

Dankie liefste Koning
Vir wie U is
Dat U aanhou probeer
Dat U nooit sal opgee

Dit maak ons harte so bly
Om te weet dat U liefde is
Om te weet dat ons aan U behoort
Dankie Vader vir U genade groot

U is wonderlik verby
Vir ons Vader
U liefde laat ons behoort
U liefde laat ons so veilig voel

Dankie Abba-Vader
Dat ons U hart kan leer ontdek
Dat U ons die groot voorreg gee
Om uit te vind wie U rerig is

Vader U is genoeg vir ons
Ons wil dit aanhou sê
Want dit is rerig hoe dit is
Dankie dat U in ons aanhou glo

Vader ons seën U Naam
Ons bring U al die lof en eer
Aan U Naam wil ons al die aanbidding bly bring
Want grote Koning U is en bly in beheer

Dankie dat daar
Niemand soos U is
U vul ons harte met soveel hoop
U gee ons iets om na uit te sien

Dankie dat U
Die lewende God en Koning is
Dankie dat U alle lof en eer verdien
Dat ons dit vir U kan bring

Vader dankie
Dankie vir genade groot
Vir liefde wat ons nie hoef te verdien
En dat U altyd daar is

Abba ons loof en eer U Heilige Naam
Ons sê vir U baie dankie dat U is
Ewig in al U weë
Ons liefdevolle Koning so groot

Alle lof en eer aan U
Die waardige een
Ons Koning groot
Die almagtige en wonderlike een

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s