'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Waters wat verkwik

Kom net soos wat jy is
Liefste kind
Gebroke en stukkend
Asseblief kom nou

Kind verstaan jy nie
Ek wil vir jou sê
Ek verstaan, Ek gee om
Ek is die Lewende Water

Ek is die Begin en die Einde
Alles draai om My
Die Alfa, die Omega
Daar is geen niemand soos Ek

Kind Ek wil hê jy moet kom
Ek wil vra dat jy dit rerig sal begin doen
Kind Ek wil hê jy moet verstaan
Ek is daar vir jou

Ek ken die pyn in jou hart
Die seer
Die onvergifnis, die bitterheid
Die pyn

Liefste kind dis My grootste begeerte
Sê Abba
Vir jou om genesing
In, deur en by My te vind

My liefste kind
Daar is NIKS wat Ek nie kan beter maak
Ek wil hê jy moet dit begin glo
Jou hart vir My bring

Kind Ek wil hê jy moet ingestel raak
Met My Gees
My hart
My liefde vir jou

Kind asseblief moenie opgee nie
Jy kan nie nou daaraan wil dink
Daar is nog soveel wat Ek in en deur jou lewe wil doen
Kind Ek het ‘n plan!

Bring My asseblief jou stukkend-wees
Jou gebrokenheid
Al jou pyn en seer
Weet dat Ek dit kan beter maak

My liefste kind
Ek is die Enigste Een
Wat kan, wat wil
Asseblief kom nou, bring My jou seer

Liefste kind
Ek wil hê jy moet weet
Ek gee om oor jou seer
Ek gee rerig om, om alles vir jou beter te maak

Sal jy My ‘n kans gee
Sê Abba
Sal jy die Lewende Water ‘n kans gee
Om jou hart en lewe te verkwik

My liefste kind
Daar is NIKS wat Ek nie kan beter maak
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet My hand kom vashou

Deur die storms van die lewe
Al die vertwyfelinge in jou hart
My kind Ek sal altyd daar wees
Ek sal jou nooit verlaat

Jy kan My hart vertrou
Sê Abba
Dit brand met blink liefde
Net vir jou

Jou genesing lê in My
Sê Abba
En geen ander een
Kom liefste kind, bring alles vir My

Die seer
Die gebrokenheid
Die moegheid vir weer-probeer
Die stukkend-wees

Kind, My liefste-liefste kind
Hoor asseblief vir My
Bring en gee My jou hart
My liefste kind jy sal ervaar hoe Ek genesing is

Ek wil hê en vra
Dat jy sal ophou
Om die antwoorde en oplossings
In die wêreld en haar manier te soek

My kinders asseblief
Luister vir My
Daar is geen ander een
Ek is die Enigste Een

Kinders van My hart
Ek wil hê julle moet vind
Genesing, hoop, alles wat mooi is
Dit sal julle net in My kry

Kinders asseblief
Luister
Daar is soveel meer waarvoor julle kan leef
Soveel meer wat Ek vir julle wil gee

Al wat moet gebeur sê Abba
Is dat julle moet glo
Sal julle, julle droë en dorstige siele bring
My toelaat om My Lewende Water daaroor uit te giet

My liefste kinders
Dit sal julle harte heel
Dit sal genesing voortbring
Soos wat julle nie nou weet of kan glo

Liefste kinders asseblief
Gee My net ‘n kans
‘n Kans om My liefde te wys
‘n Kans om vir jou volkome genesing te bring

My liefste kind
Jy kan My vertrou
Ek sal altyd daar wees
Ek is hier om jou nooit te verlaat

Ek is die Beste Maatjie
Die Beste Vriend
Wat jy ooit sal kan hê
My liefste kind jy kan My maar glo

Vertrou My hart sê Abba
Gee My ‘n kans
My liefde is warm, dis mooi
Die sal jou hart en lewe met genesing tooi

Hou asseblief op om My nie te glo
Hou asseblief op om jou genesing op ander maniere te bewerk
Liefste kind Ek is genesing
Ek is HOOP, Ek is jou nuwe begin

Luister asseblief vir My sê Abba
Bring jou hart, jou lewe
Jou dorstige siel
Ek is die Antwoord

Lewende Water sê Abba
Dit is jou Nuwe Begin
Hou asseblief op met weghardloop
Laat My toe om jou te vul

My liefste kind
Jy sal vind
Jy sal vind dat Ek die Antwoord is
Die begin, die einde en alles tussen-in

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s