Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

God van liefde

Gee My jou hart en lewe
Sê Abba-God
Bring wie jy is
Ek gee jou ‘n nuwe begin

Dis rerig tyd sê Abba
Vir mense om My te begin glo
Kinders Ek wil nie hê julle moet so verdwaald wees
Ek wil hê julle moet rerig vind

Kinders sal julle asseblief
Julle harte bring, julle lewens
Sodat Ek alles kan nuutmaak
Van binne af herstel

Soveel kere sê Abba
Elke dag wat Ek sien
Hoe gebroke en stukkend hierdie wêreld is
Sonder dat hulle kies om na My te draai

My liefste kinders
Julle verstaan nie wie Ek is nie
As julle het
Sou julle al lankal kom

My hart is seer sê Abba
So seer
Ek kyk na hierdie wêreld
En Ek kan nie glo dat julle My nie wil ken

My hart is stukkend
Sê ons Koning
Ek sit en Ek dink … gereeld
Hoe kan Ek hierdie lewe vir julle beter maak?

Hoe kan Ek hoop gee
As soveel stukkend is
Hoe kan Ek lig wees
In ‘n gebroke wêreld vol donkerte

Dit is deur My kinders sê Abba
My kinders wat My toelaat
Om hulle te gebruik
En deur hulle te werk

Ek is ‘n God van Liefde
Warmte en Hoop
Alles wat mooi is
Sal julle in My vind

My liefste kinders
Ek is genade
Ek is vergifnis
Ek is 2de kanse

Ek is konstant besig
Om te kyk, om te dink
Om te beraadslag
Hoe kan Ons dinge vir julle beter maak

Dankie My liefste kinders
Vir die kinders wat gebroke en stukkend is
Maar My tog ‘n kans gun
Om deur hulle te werk

My liefste kinders
Ek waardeer dit so
Ek is nie donkerte en seer nie
Ek is Lewe en Lig

Kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek waardeer dit so wanneer julle liefde gee
Opreg en al die gebeure van omgee wys
Kinders dit is wie Ek is

Ek wil so graag hê
Hierdie wêreld moet My vind
Ek wil so graag hê
Hulle moet by waarheid uitkom

Daar is soveel onwaarhede
En leuens wat hierdie wêreld
Oor My glo
Dit is lankal nie meer snaaks

Hulle glo ‘n ander god
Sê Abba
Want wie hulle sê Ek is
Dit is Ek beslis nie

Kinders, wêreld
Ek wil hê julle moet weet
Ek is nie soos julle glo
As julle dit maar net wou besef

Kinders asseblief
Luister vir My
Ek deel My hart
Dit is tyd dat julle reg glo

Geen goeie en opregte daad
Gaan ooit ongesiens by My verby
Kinders Ek wil hê julle moet dit weet
Asseblief daarmee aanhou

Hierdie wêreld kan ons
Saam met liefde en omgee tooi
Ons kan alles beter maak
Ons kan saam herstel

Liefste kinders
Sal julle saam met My werk?
Sal julle kies om julle oë op My te bly hou
Saam kan ons ‘n groot verskil maak

Werk saam met My vra Abba-God
Nie teen My
Kan ons saam vir hierdie wêreld
Lig en hoop bring?

Kinders Ek wil hê ons moet omgee
Ons moet vir die wêreld wys
Daar is ‘n God wat leef
Een wat liefde is

Kinders asseblief
Ek deel My hart met julle
Wie Ek is
Sal julle asseblief nie meer nee vir My sê

Bring My jou hart
En lewe
Ek gee jou
‘n Nuwe Begin in My Seun

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s