Blinde oë, Nuwe hoop

Konstante Hoop

Dis genoeg dat mense nie glo nie
Sê Abba
Dis rerig genoeg
Ek wil nie hê dit moet meer so wees

Liefste kinders
Kan julle nie sien
Wil julle nie weet
Ek is die God wat omgee

As dit nie was
Dat Ek soveel omgee nie
Sê Abba
Was julle lankal nie meer hier

Maar kinders
Dis omdat Ek kyk
Dis omdat Ek sien
Dat julle so stukkend is

Kinders dis nie vir My
Lekker as Ek sien
Hoe gebroke en stukkend
Die wêreld voor My lê

Kinders dit is nie lekker nie
As Ek sien
Hoe sonde en seer
Net elke dag meer afbreek

Genesing van julle harte
En lewens
Dit is waarmee Ek konstant besig is
Hoekom wil julle My nie glo

Ek sien hoe gebroke en stukkend
Hierdie wêreld is
Ek sien die seer
Ek gee waarlik om

Elke dag gee Ek julle
‘n Kans om nader aan My te kom
Om My te leer ken
Om Ware Hoop te vind

Kinders hoekom hou julle aan sê nee
Kinders asseblief
Daar is soveel meer
As wat julle kan glo

Julle is gemaak vir soveel meer
Sê ons Koning
Julle kan nie nou
Wil opgee

Ek wil julle nooi
Om My hand te kom vat
Om saam met My
Die pad te loop

Kinders asseblief
Kom na My
Gee My net ‘n kans
Om My liefde te wys

Ek wil jou hart vul met hoop
Verwagting
Als wat mooi is
Selfs met die donkerte om jou

Kinders weet dit asseblief
Ek is die Een wat groot verskil kan maak
In jou hart en lewe
Ek is die Een

Gee My ‘n kans sê Abba
Asseblief kinders van My
Kinders van die wêreld
Kom nou

Asseblief kom nou
Kom sien dat Ek lig is
Kom sien dat Ek waarlik omgee
Vir jou, vir die wêreld, vir elkeen

Konstant is Ek besig
Konstant
Om vir hierdie wêreld
Hoop te gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s