Byt vas, Nuwe hoop

Al verstaan ek nie

Abba ek weet
Dat U my liefhet
Daarom wil ek
Bly oorgee

Abba ek verstaan nie
Ek weet nie wat die toekoms vir my inhou
Al wat ek weet is dat U liefde is
En dat U vir my omgee

Abba al verstaan ek nie
Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie
Wil ek U hand bly vashou
Wil ek nie terughou

Pappa-Vader asseblief
Asseblief help my
Met alles wat U weet ek nodig het
Asseblief hou my op die pad van waarheid

Pappa-Vader asseblief
Hou my styf vas
Rig my elke tree
Help my om nie bang te wees

Dankie dat U altyd opreg omgee
Dankie Pappa-Vader
Dat U my nooit sal verlaat
Dat U rerig my Rots en Anker is

Pappa-Vader sonder U kan ek nie
Daarom wil ek altyd
My diep afhanklikheid van U bely
Dankie dat U my styf vashou

Saam met U kan ek doen
Dit waarvoor U my geroep het
Saam met U kan ek
Die toekoms met geloof inwag

Ek hoef nie bang te wees nie
Want U is by my
U verstaan
U weet wat ek nodig het

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s