Oorgegee

Sagte hart

My hart is stil
Gerus
Wag op U
Ek wil so graag meer van U hoor

Vader ek wil weet
Wat vir U belangrik is
Sal U my wys
Sal U my asseblief meer leer

Ek wil weet
Ek wil verstaan
Wat is van U
Wat is nie

Vader ek wil weet
Ek wil U ken
U is die begin
My einde en alles tussenin

Sal U my asseblief
Meer kom leer
Meer kom wys van U
Sodat ek U rerig sal ken

Vader ek wil nie terughou nie
Ek wil myself voor U ontbloot
Ek wil vra help my asseblief
Om self en eie ek neer te lê

Vader ek wil nie glo
Soos wat ek glo nie
Ek wil glo soos wat U glo
Ek wil my waarheid neerlê

Vader sal U my asseblief help
Om verder te kyk
Om die ewigheid raak te sien
Daar waar U vir my wag

Abba dat ek U altyd in oog sal hou
Dat ek nooit sal vergeet
Abba dit is ‘n vreugde
Om U Naam in my hart te hê

Help my asseblief Abba
Om die verkeerd neer te lê
Elke dag ‘n bietjie meer
Totdat ek eendag by U is

Vader ek wil nie terughou nie
Ek wil alles vir U gee
Help my asseblief om oor te gee
En U bo alles te vertrou

Vader-God U is die beste
Daarom wil ek meer van U weet
Ek wil verstaan
Waaroor alles vir U gaan

Help my hart asseblief
Om altyd sag vir U stem
En influistering te wees
Dat ek altyd reg sal hoor

Abba help my asseblief
Om neer te lê
Wat skeiding tussen ons meebring
Dat dit nie so sal wees

Abba maak my hart stil
Nog meer rustig
Gee my asseblief ‘n hart wat U s’n styf vashou
Totdat ek nie meer hier is

Gee my ‘n hart
Wat verstaan Abba
Wat wil verstaan
Wat U vir my wil sê

Maak my hart asseblief sag Abba
Sag vir alles wat U vir my wil sê
Dat ek reg sal hoor, reg sal ontvang
Alles wat U gee

Ek lê my selfsugtigheid neer
Abba my harde hart
Wat nie aldag wil ontvang
Wat nie altyd reg wil hoor

Help my asseblief Abba
Om reg te hoor
Om oor te gee
Om U waarlik te vertrou

Vat asseblief weg
Verwyder enige blokkasies tussen my en U
Maak my hart asseblief sag Abba
So sag vir U

U stem en influistering
Is my hartsgebed
Maak dit sag
Laat ek reg sal hoor

Reg Abba
Soos U dit gee
Maak my hart asseblief oop
Help my om te verstaan

Maak my hart sag Abba
Asseblief so sag, so sensitief
Dat ek hom nooit
Hard teenoor U sal kan hou

Sag asseblief Abba
Maak my hart sag
Sag vir wat U wil gee
Sag vir wat U my wil laat hoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s