Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Oortjies van die Hart

My hart is sag voor U
Oop en ontvanklik
Want ek weet
Dit is hoe ek U hoor

Abba help my asseblief
Om altyd ‘n sagte oor
Vir U stem te hê
Dat ek nooit nie my hart sal verhard

Want dit is wat dikwels gebeur
As My kinders nie wil hoor
Wat Ek te sê het
Dan druk hulle net die oortjies van hulle harte toe

Kinders julle moet dit asseblief nie doen
So kan Ek julle nie leer
Julle moet verstaan
Ek het harte nodig wat wil hoor

Moet julle harte asseblief
Nie meer hard teenoor My hou
Maak en hou dit sag
Nooi My gerus in

Dieper My liefste kinders
Dieper sodat Ek julle meer kan leer
Dieper sodat Ek julle reg kan leer
Dieper saam met My

Kinders hou julle harte asseblief
Altyd op ‘n plek van sagtheid teenoor My
Kinders julle kan nie julle harte teenoor My verhard
So sal dit nooit werk

Kinders asseblief
Kom nader aan My hart
Kom hoor wat Ek vir julle wil sê
‘n Sagte hart vir My Stem is wat Ek nodig het

Ek is altyd besig
Om met My kinders te praat
Partykeer hoor julle mooi
Partykeer is julle horende doof

Kinders asseblief
Julle moenie meer so maak
Julle kan My vertrou
Om vir julle die waarheid te leer

Vertrou My hart
Sê Abba
Vertrou My asseblief
Weet dat Ek julle nie in die donkerte sal inlei

Vader sê
Vader vra
Asseblief vertrou My hart
My stem wat na die Lewe lei

My hart is sag sê Abba
Dit is hoe Ek jou sal lei
Sagkens met My liefde
Totdat Ek antwoord kry

Kinders Ek wil julle meer leer
Dit is altyd wie Ek is
Meer van My
Meer van julle

Kinders asseblief
Sal julle kom
My toelaat om deur julle lewens
Die mooiste stories van hoop te skryf

Dis wat Ek kan doen
Sê Abba
As julle net wou oorgee aan My
As julle net op My pad wou kom loop

Kinders asseblief
Ek vra julle om My hart te vertrou
Elke dag ‘n bietjie meer
Omdat jy glo dat Ek julle liefhet

Kinders meer en meer
Moet julle harte voor My oopbreek
Julle moet My toelaat om diep in te kom
Om diep genesing saam te bring

Ek weet en verstaan
Dis dikwels hoekom julle nie wil hoor
Julle moet vir julleself baklei
Dit het die wêreld vir julle geleer

Kinders Ek wil hê julle moet weet
Dat dit met My nooit nie nodig is
Julle kan My hart vertrou
My toelaat om julle te lei

Leer My ken sê Abba
Rerig ken
En kinders dan
Dan sal dit soveel makliker wees om ja te sê

Moet jou hart asseblief
Nie hard teenoor My hou
Laat dit gaan
Laat toe dat My sagtheid om jou vou

Kinders Ek is sag
My hart is sag
Ek wil hê julle moet dit hoor
Ek wil hê julle moet dit ontvang

Kinders asseblief luister vir My
Dis nie My hart om, om te gaan
Mense te beseer
Dit is nie wie Ek is

Kinders glo asseblief vir My
Julle kan
Julle kan by ware vryheid uitkom
Saam met My is dit so moontlik

Hou op om julle harte
So hard teenoor My te hou
Ek vra weer, laat dit gaan
Word sag eerder-om

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s