'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Harde Paaie

Genesing van die hart
Dit bly dikwels so vêr weg van ons
Alles omdat ons U
Net nie wil innooi

Kinders wanneer gaan julle verstaan
Om julle harte vir My oop te maak
Dit is die beste ding
Wat enige iemand ooit kan doen

Ek wil hê julle moet My hart hoor
Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek gee rerig om

Oor die seer
In julle harte
Oor alles
Waar dit julle aangaan

Kinders, liefste kinders
Julle kan laat gaan
Van die wêreld se seer
My rerig daarmee vertrou

Kinders weet julle
Dat My hart vir julle diep genesing is
Diep herstel van alles
Wat verkeerd in jou binneste lê

My kinders asseblief
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet dit hoor
Dat Ek rerig diep liefde en omgee vir julle het

Ek verstaan die wêreld
Het julle seergemaak
My kinders
Ek verstaan dit so goed

Daar is geen ander een soos Ek
Ek is die Een wat verstaan
Die seer jou aangedoen
Ek is die Een wat jou wil gesond maak

Kinders asseblief
Luister vir My
Daar is geen ander een
Wat jou ooit so lief soos Ek sal kan hê

Geen ander mens
Sal jou hart
Ooit
Soos Ek kan verstaan

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit onthou
Wanneer julle voor mekaar staan
En dit aan mekaar sê

Daar is ‘n groter een
Sê Abba
‘n Groter een as julle
Ek wil hê julle moet dit verstaan

Kinders luister asseblief na My hart
Hoor as Ek vir julle sê
Daar is ‘n beter een
Daar is ‘n beter manier

Julle hoef nie aan te hou
Om soos die wêreld te baklei nie
Kinders dis nie nodig nie
Dit put julle so uit

Kom probeer My manier
Sê Abba-God
Kom probeer My raad
En sien dat dit eintlik werk

Kinders Ek het julle gemaak
Aanmekaar geweef
Kinders sal daar ooit iemand wees
Wat julle soos Ek verstaan?

Kinders nooit
Sal dit so wees
Ek verstaan julle
Ek het julle aanmekaar gesit

Al voel dit vir julle
Dikwels nie so
Wil Ek vra kom na My
Gee My ‘n ware kans

Leer My net ken
Gee My ‘n kans
‘n Kans om dinge vir jou te verbeter
‘n Kans om jou weer nuwe hoop te gee

Julle is nie alleen
In hierdie stoeigeveg
Van die lewe nie
Kinders dit sal nooit so wees

Ek is die Een
Wat kalmte en rustigheid
In jou lewe wil inbring
Sal julle My ‘n kans gee

Dikwels bly vrede
En hoop julle ontwyk
Omdat julle nie julle hande
En harte van vertroue in My wil plaas

Kinders asseblief
Wanneer gaan dit wees
Ek wil hê julle moet weet
By My is daar rus vir julle moeë siele te vind

Kinders julle hoef nie
Luister vir My
Julle hoef nie die harde paaie van hierdie lewe
Alleen te loop

Ek is so naby
Sê Abba
Ek is so naby
As julle dit tog net wou verstaan

Gaan julle My vra
Sal julle My vra
Om julle te help
Om julle hulp en antwoord te wees

Ek wens julle kon sien
Hoe naby Ek aan julle staan
Gereed, wagtend
Wanneer, wanneer gaan julle julle hoop op My plaas?

Kinders, kinders
Julle hoef die lewe nie alleen te doen
Dit is so onnodig
So onnodig as Ek so naby aan julle staan

Kinders asseblief
Gee My ‘n kans
‘n Kans om jou laste ligter te maak
‘n Kans om saam met jou daaraan te dra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s