Blinde oë, Nuwe hoop

Groter & Meer

Glorie Halleluja
Aan U die Ewige Koning
Ons is so bly ons het vir U ja gesê
Dat U nou in ons harte woon

Kinders asseblief
Sê ja
Sê ja vir alles
Vir julle voorberei

Liefste kinders
Julle moenie bang wees om nader te kom
Julle moet vertrou
Waarmee Ek besig is

Soveel groter
Soveel meer
As waarvan julle weet
Of ooit kan verstaan

Kinders My Koninkryk is groot
Dit is mooi
Wil julle nie deel daaraan hê
Ook aan My behoort?

Kinders
Liefste kinders van die wêreld
Kom dieper
Kom vra asseblief vir meer

Julle moenie buite
In die koue bly staan nie
Julle moet inkom en toelaat
Dat My warmte julle omvou

Weet julle dat Ek julle liefhet
Baie meer as wat julle kan glo
Geen aardse sonde of lekker
Kan ooit daarmee vergelyk

Liefste kinders
Kan Ek My hart vir julle oopbreek
Kan Ek sê dit is tyd
Om My te vertrou

Liefste kinders
Asseblief
Kom nou
Moenie meer terughou

Liefste kinders
My hart is vir julle
Dis nooit om uit te hou
Dis altyd om die beste vir julle te gee

Gaan julle My vertrou
Sal julle weet dat Ek
Net die beste vir julle wil hê
Sal julle dit waarlik glo?

Kinders dis die krag van gebed
Dis die krag van geloof
Dat julle My kinders
Waarlik sal glo

Maak oop julle harte voor My
Nooi My waarlik in
Weet dat Ek alles kan nuutmaak
Dat daar niemand soos Ek is

Ek gee jou ‘n nuwe begin
My liefste kind, kinders
Ek gee nie om wat in die verlede lê
Vandag kan jy oorbegin

Wil jy My liefste kind
Wil jy dieper saam met My
Wil jy kom sien wat het Ek vir jou voorberei
Sal jy waarlik glo?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s