'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot

Verlore Hart

Is jou hart stukkend
Jou hart voel seer
En dit voel asof als daarbinne
Verlore lê

Kind
Vandag wil Ek vir jou sê
Daar is hoop
My Seun het gesterf vir jou

Aan die Kruis van Golgota
Het Hy jou pyn gedra
Sodat jy genesing kan ontvang
Vry kan wees daarvan

Liefste kind
Jy moet net glo
Jou hand vir My kom gee
Hierdie pad saam met My kom loop

Kind in My hande
Is jy so veilig
Sal jy dit altyd weet
My asseblief elke dag ‘n bietjie meer vertrou

Elke stukkie wat jy vir My gee
Kan Ek beter maak
Net nie die stukkies
Wat jy besluit om vir jouself te hou

My liefste kind
Jou hart en wese moet voor My oop
Elke dag sal Ek jou stywer
In My liefde vashou

Nooit hoef jy te vrees
Dat Ek jou seerder gaan maak
As wat jy alreeds het
Dit gaan nie gebeur

Kind Ek glo in jou
Ek is lief vir jou
Ek wil hê jy moet dit weet
Elke dag as ons die pad loop

Dis genoeg om te weet
Ek is by jou
Nooit sal Ek jou verlaat
Nie ‘n enkele tree

Jy kan My vertrou
Jy kan My vertrou
Jou hart liefste kind
Asseblief skrefie vir skrefie vir My oopmaak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s