Blinde oë, Nuwe hoop

Groot gemis storie

Is jou hart seer
En jy weet nie waarheen
Weet jy God gee om
Weet jy Hy is by jou

Kinders van die wêreld
Kinders van My
Julle moet weet dat Ek altyd naby is
Veral wanneer iemand seer het

Kinders van My hart
Julle kan My vertrou
Die diep seer in julle harte met My deel
My vertrou om dit gesond te maak

Deel julle harte
My kinders
Vertel vir My wat daarbinne lê
Wat so baie seermaak

Al vertel jy nie alles nie
Al sê jy net
Vader ek is stukkend
En Ek wil so graag gesond wees

Vader sal U my asseblief help
Kan ons oorbegin
Ek wil U kind wees
Met hart, siel en alles

Vader vergeef asseblief my verkeerd-doen
Al die van-U-af-wegloop
Vader sal U my asseblief nuutmaak
‘n Nuwe Begin gee

Vader ek weet dat U alles kan doen
Niks is vir U verborge of te diep
Vader ek wil terug huis toe kom
Sal U my asseblief ‘n nuwe kans gee

My liefste kind
Abba se kind
Ek wil hê jy moet weet
Ek wag al so lank vir jou om huis toe te kom

Kom My liefste kind
Kom nader
Kom val in die liefdevolle arms
Van ‘n Pappa wat jou so gemis het

My liefste kind
Seun en dogter van Abba-God
Luister asseblief vir My
By My is daar altyd tweede kanse

My kinders
Kinders van die wêreld en Myne
As julle net kon sien die verlange in My hart
Wanneer julle sit tussen die varke en hulle puine

My kinders
My liefste kinders
Weet julle hoe Ek verlang
Vir julle om net terug huis toe te kom

My liefste kinders
My hart pyn van verlange
Na jou en na elkeen
Wat altyd eers julle erfporsies wil gaan uitdobbel

Weet julle My liefste kinders
Hoeveel kere Ek hoop, Ek wens
Dat julle nie dieselfde pad
As die verlore seun van die Bybel wil gaan loop

Liefste kinders
So baie kere wat Ek hoop
Wat Ek wens dat julle terugkom
Voordat die wêreld julle van alles beroof

Liefste kinders
Leeg en stukkend kom julle dan terug
Gebroke sonder ‘n stukkie iets
En steeds My kinders, steeds wil Ek My arms om julle slaan

Verstaan julle nie My liefste kinders
Verstaan julle nie dat My hart stukkend is
Elke liewe keer as Ek sien
Julle is leeg en moedeloos

Kinders asseblief luister vir My
Daar is geen veroordeling in My liefde nie
Asseblief kinders kom
Kinders van My hart kom terug na My

Ek weet julle wonder
Julle aarsel
Moet ek, moet ek nie
Sal Hy my vergeef, sal Hy nie

Liefste kinders
Julle is vergeef!
Asseblief kom net terug huis toe
Asseblief kom terug na My

Liefste kinders asseblief
Hou op om met My genade rond te speel
Kom net terug
Liefste kinders asseblief

Pappa-God
Het julle klaar vergeef
My liefste kinders
Hy het julle klaar vergeef

Ek wag vir julle liefste kinders
Ek wag vir julle om terug te kom na My
Ek wil julle waarde herstel
Julle ‘n nuwe begin gee

Sal julle My ‘n kans gee
Sal julle terugkeer
Kinders van My hart
Asseblief kom nou

Soveel kere wat Ek wonder
Sê Abba
Hoe lank nog
Hoe lank voordat hulle besef hulle het alles verloor?

Kinders asseblief
Die lewe lyk dalk lekker daarbuite
Maar dit steel al die mooi
Wat Ek vir julle by My huis wil gee

Dis omdat julle nie by twee plekke
Op dieselfde tyd kan wees nie
Dis of die wêreld se tuiste
Of My huis

Liefste kinders
Abba se kinders
Wees wys
Kies My

Wees lief vir My
Vra Vader
Wees net lief vir My
En asseblief kom terug huis toe

Moenie meer twyfel aan My liefde nie
Asseblief seun, dogter van God
Kom terug huis toe
Jou Pappa-God Hy wag vir jou

Die mantel van jou identiteit
Wil Ek terug gee aan jou
Die ring van My liefdesverbond
Wil Ek aan jou vinger sit

Kinders asseblief
Kom terug huis toe
Pa se huis
En weet Hy wag vir jou

Met hande oop
Met liefde groot
Kan jy nie sien Hy staan op die stoep
En Hy kyk uit vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s