'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Wanneer geloof twyfel

Dankie Abba Vader God
Dat U so wonderlik goed is vir my
U liefde is genoeg
Al is daar partykeer swaarkry

Vader U weet dat ons
Nie altyd verstaan
Hoekom party goed gebeur
Hoekom dit nodig is

Vader al wat ons weet
Is dat storms
Die mooiste in ons kan uitbring
U liefde dieper in ons harte kan skryf

Vader dit is dikwels
Baie moeilik
Om te bly glo
Dat U pad vir elkeen mooi is

Dikwels vertel die wêreld
En sy omstandighede
Vir ons iets anders
En dan wonder ons rerig of dit waar is

Dat U ons ewig liefhet
Dat U plan vir ons mooi is
Dan raak dit so moeilik en uitdagend Vader
Om aan U beloftes vas te hou

Vader ons weet dat ons
Nie net aan U beloftes moet vashou
In die goeie tye nie
Maar ook in die donker tye

Vader tog is dit moeilik
Om in geloof te bly glo
Dat U hart goed en mooi is
En dat U ons elkeen raak sien

Vader ons verstaan
Dat U ons in die moeilike tye wil leer
Om aan U te bly vashou
Al kom dit baie kere nie maklik nie

Vader om U hart van liefde vir ons te vertrou
Dit gebeur nie sommer nie
Veral nie as die wêreld en omstandighede
Van ‘n ander waarheid getuig

Vader hoekom is dit so verskriklik moeilik
Om in donker tye
Ons oë op U te bly hou
Om U te vertrou?

Vader is dit omdat ons geloof
Slegs so diep lê
As wat ons met ons oë kan sien
Vader is dit waarlik so?

Vader ons wil dieper sien
Ons wil sien wat U sien
Ons wil geloof handhaaf
Wat U vir die onmoontlike vertrou

Vader vat asseblief weg
Laat dit groei
Ons vlak geloof
En waarvoor ons U vertrou

Dis dikwels diep
Dis partykeer vlak
Vader help ons asseblief elkeen
Om U dieper te vertrou

Dieper Vader
Meer
Ons wil U beloftes bly vertrou
Die mooi van U hart vaster hou

Vader help ons asseblief
Elkeen van U kinders
Om nie alleen na ons omstandighede te kyk
Maar na die Een wat die wêreld in stand hou

Vader sal U ons asseblief help
Om te onthou
Dat U groter is
As selfs dit waarvoor ons U vertrou

Vader U is groter
As enige reus wat ons ooit
In die gesig kan staar
U is groter

Mag U kinders dit elke dag onthou
Mag hulle onthou dat hulle kosbaar is vir U
Dieper en meer
Selfs as wat hulle glo

Vader hou ons asseblief styf vas
Hou ons vas
Dat ons waarlik sal glo
U weet in stormtye wel van ons

Vader dat ons dit
Nooit sal betwyfel nie
U liefde sal onthou
Selfs as die wêreld en soveel dinge anders sê

U liefde is getrou
U liefde is standvastig
U liefde kan ons in die donkerste van nagte
Bly vertrou

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s