Lofprysing

My begin, einde & alles tussenin

U is my begin
My einde
En alles tussenin
Ek is so bly dat U in my hart woon

U maak my hart so baie bly
En Ek wil dankie sê
Abba dankie dat U
So wonderskoon is

Vader dat daar niemand soos U is
Dis ‘n waarheid
Waarin ons, ons verbly
Groot vreugde daarin vind

Vader
U is my begin
My einde
En alles tussenin

Dankie Abba Vader
Dat niks ooit met U kan vergelyk
Wonderskoon
Bly al U weë

Dankie Abba Vader
Dankie
My hart se lied wil altyd sing
U maak my hart so bly

So, so dankbaar is ek
Abba Vader
Ek het U in my hart genooi
Sal ek ooit genoeg kan dankie sê

My hart se lied
Wil bly getuig
My God is groot
Daar is net niemand soos Hy

Dankie Abba
Vir die ritme in my hart
Wat vir U bly klop
Ek wil nie hê dat dit ooit sal ophou

Vader dankie
Dankie vir die lied hier in my hart
Dat ek hom sonder ophou
Vir U kan bly sing

Dankie Abba Vader
My Blink Môrester
Die Lelie van die Dale
Die Een wat in my hart woon

Vader
Dankie
Dankie vir ‘n Nuwe Begin
Dankie dat U die Einde is van als

Abba my hart wil nogsteeds
Meer in U glo
My hart wil vir U sing
Die mooiste lofliedere ooit

Vader maak my hart en lewe
Steeds die mooiste lied
Een wat U Naam
Eer toebring

Vader ek wil hê en vra
Dat as mense my sien
Hulle vir U sal sien
Wat blink en mooi deur my skyn

Vader ek is niks sonder U nie
Ek wil nooit iets sonder U wees nie
U is die Een wat aan my en my lewe
Soveel sin gee

Vader skryf U waarheid
Wie U is
Abba skryf dit asseblief
Soveel dieper in my hart

Dieper
Meer
Dit is wat ek so graag
Van U wil hê

Dieper en meer
Abba gee dit asseblief vir my
Maak my hart stil
Soos wat ek op U bly wag

Rustigheid Abba
Laat dit my hart vul
Genesing
Saggies uit U hand

Abba ek wil weet
Wie U rerig is
Abba ek weet ek vra dit oor en oor
Maar U maak my hart so bly

Vader skryf my lewenslied oor
Net soos wat U wil
Vat die note van self weg Abba
Gee my U woorde

Vader genesing van hart
Dit bly so bittermooi
Ek weet dat dit is waarmee U
In soveel glorie besig is

Vader U hart is so sag
U hart is so mooi
Vader ek wil vra dat die wêreld
Dit ook sal begin raaksien

Vader wys is U
In al U waarheid en U weë
So mooi is wie U is
Abba dankie daarvoor

My Begin
My Einde
Alles tussenin
Dit is U Skone Koning vir my

Halleluja, Amen
Vir altyd en daarna
Wil ek U loof en prys
Alles net omdat U dit so baie verdien

Oor en oor Abba
Net omdat U waardig is
Onvergelykbaar groot
Die Ewige Ek Is wat my hart in glorie bewoon

Alle eer aan U wonderskone mooi naam
Wie ek is Abba Vader
Is U
Wat ‘n voorreg om dankie te sê

My Begin
My Einde
Alles tussenin
Vir my

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s