Lofprysing

Wonderskoon

U is my Begin
My einde
En alles tussenin
Wat my hart bewoon

Die ewige EK IS
Die Mooiste Een
Soos wie daar nie nog een
Op planeet aarde is

Dankie Abba Vader
Dat U so mooi is
Die Allerhoogste Een
Wat in my hart woon

U is onvergelykbaar groot
Vader ons vertrou wie U is
Die magtige Een
Die groot Koning

Dankie dat daar niemand
Soos U is
Ewig mooi
Altyd te vertrou

Om U te ken
Is iets wat ons harte so bly maak
Ons sterk Toring
Wat altyd red, genees en hoop gee

Die magtige Een
Wat bo alles en almal uittroon
Niemand kan ooit met U vergelyk
U is die lieflike Een

Dankie Abba Vader
Dankie
Vir liefde so baie groot
Vir genade wat ons altyd dra

U is wonderskoon
Mooi vêr verby
Die Almagtige
Die Een wat my hart bewoon

Soos U is daar niemand nie
Die mooiste een
My God
My Koning

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s