'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Gebroke harte

Genesing van stukkende
Gebroke harte
Wat die wêreld vollê
Dit is ons Vader se hart

Ek wens die wêreld kon dit sien
Ek wens hulle wou dit glo
Dat Hy omgee en wil genees
Die diep seer in ons hart

Daar is niks wat ons
Vader in die hemel nie kan genees
Die grootste seer
Dit is niks vir Hom

Liewe wêreld
Sal julle asseblief kom
Hom ‘n kans gee
Om alles vir jul werklik beter te maak

Ons God is groot
Hy is genade
Hy is wonderlik
Hy gee waarlik om

Dis soveel meer as mooi woorde
Dis genesing van alles
Wat stukkend en gebroke
In jou hart en lewe rondlê

Kinders as julle sou kom
Sou julle sien
Ons Vader-God gee om
Oor al die seer jou al aangedoen

Daar is niks
Waarvan Hy nie weet nie
Die kleinste traan wat jy al gestort het
Hy weet daarvan

Die Koning se hart breek
Dit breek as Hy sien dat die wêreld
Vol van die verkeerde antwoorde lê
En dat jy jou genesing by haar gaan bly soek

Kinders van die wêreld
Kinders van die nag
Julle moet weet dat haar manier
Nie ooit iets beter maak

My kinders
Haar manier is pleisters
My manier
Is volmaak

Genesing van jou gebroke hart
Dit lê binne jou bereik
Kinders sal julle die offer van lewe aanneem
My waarlik ‘n kans gee

Die kans wat Ek jou gee
Om te glo
My kind dit kan alles vir jou
Soveel beter maak

Kinders asseblief
Glo vir My
Gebroke harte is My spesialiteit
Ek weet hoe om sagkens daarmee te werk

Gee My ‘n kans
‘n Regverdige kans
Met die diep seer in jou hart
‘n Kans om dit alles gesond te maak

Ek kan
Ek kan
Ek wil hê jy moet dit ook weet
Dankie liefste kind dat jy kom en glo

Ja Amen, Halleluja.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s