Liefde so groot, Lofprysing

Vra van my hart

Vader U maak my hart so bly
So bly Abba Vader
Daar is tye wat my hart net wil oorloop
Van U genade en liefde vir my

Vader watter voorreg
Is dit om U liefde uit te straal
Dit bly so groot voorreg
Om te weet dat U my hart bewoon

Vader dankie
Ek wil soveel meer van U hê
Alles vir ons voorberei
Dit is waarna ek verlang

Vader maak my hart asseblief
Altyd honger vir meer
Ek weet dat dit die antwoord bly
As Ek in verhouding saam met U wil groei

Vader altyd meer
Maak dit asseblief so
My hart se vra
Hou my honger vir meer

Dankie dat U
Die mooiste geskenk is
Waarvoor die wêreld
Ooit kon vra

Vader ons wil U genade
U liefde, wie U is
Dikwels oopmaak
Dikwels met die wêreld deel

Vader ons wil dit nie
Vir ons self hou nie
Ons wil uitdeel
Wat U so mildelik aan ons gee

Vader help ons asseblief
Om die genade-geskenk
Van U liefde en volkome aanvaarding
Met albei hande aan te neem

Dankie Abba Vader dat niemand
Ons ooit so baie soos U sal liefhê
Abba dieper en meer
Dit is die vra van my hart

Dieper en meer
Abba help my asseblief
Om U in alles raak te sien
Neem my na plekke Abba waar ek nog nie saam U was

Saam met U wil ek op bergtoppe staan
Saam met U wil ek altyd bly getuig
Dankie Abba Vader
Dat U liefde is vir my

Vader die wêreld
Wil nie in U glo
Hulle het net nie ‘n idee
Geen idee waarop hulle uitmis

Abba maak hulle harte asseblief oop
Gee genade
Dat ook hulle die ‘Groot Boodskap’
Sal kan aanhoor

Abba maak asseblief
Dat hulle harte
Nie voor U
Sal kan hard bly

Abba ons gee U
Al die lof en eer
U genade is genoeg
U is die mooiste een

Dankie Abba Vader
Dat U so mooi is
Die Een in my hart
Die Een wat altyd daarbinne wil woon

Vader
Eerste plek wil ek aan U gee
Nou en altyd Abba
Daar is niemand soos U

Halleluja, Amen
Halleluja, Amen
Glorie aan U wonderlike Naam
Nou en altyd

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s