Byt vas, Liefde so groot

Anker van die hart

Eer aan ons Hemelse Pappa
Wat in die Hemel woon
Abba U maak my hart so bly
Ek wil net meer en meer van U bly hê

Dankie dat U hart
So sag is
Dankie dat U hart
So mooi is

Dankie dat U waarlik omgee
Dat U altyd so naby is
Pappa ons gee U al die lof en eer
Vir wie U waarlik is

Genesing lê in U vleuels
Diep genesing Abba
Wat sy hande gereeld
Na ons bly uitsteek

Dankie Abba Vader
Dat U goed is
Dat U genade is
Dat U soveel meer as net mooi woorde is

My hart word baie bly
As ek tyd met U spandeer
Want dit maak als beter
Dit gee my geloof en blydskap in my hart

Dankie Abba Vader
Dat U weet wat ons nodig het
U is blink en mooi
U is al wat ons nodig het

U aangesig
Verbly ons harte
U gee ons altyd weer
Nuwe Hoop

Hoop en geloof
Om hierdie wêreld
Weer saam met U
In die oë te kyk

Sonder U wil ons nie
Abba-God
Ons kan nie sonder U
U is die Een wat ons bo en in standhou

Dankie vir al die
Mooiste stories van hoop
Wat U altyd deur menselewens skryf
Dit beteken baie vir ons

Dankie vir wie U is
In ons lewens
Dankie dat ons altyd
Meer in U kan glo

Vader saam met U kan ons
Vader saam met U
Loop ons ‘n bende storm
Sonder U wil ons nie ‘n tree

Vader beskerm asseblief ons harte
Gee ons nuwe hoop
Geloof om saam met U
‘n Groot verskil in hierdie donker wêreld te maak

Vader U is die Lig van die wêreld
En dit is wie U in en deur ons wil wees
Vader ons wil nie meer vir onsself leef
Ons wil ons lewens gee vir soveel meer, U en U Koninkryk

Help ons asseblief daarmee
Vader om ons oë op U te bly hou
Selfs al sê die wêreld nee
Selfs al sê hulle ons is so verkeerd

Vader nee
Ons weet wat U in ons harte fluister
Ons weet wat het U al vir ons gedoen
Ons weet dat ons in U kan glo

Vader gee ons harte asseblief geloof
Wat elke dag
U hart en die lieflikheid daarvan
Meer en meer betree

Vader ons wil glo
Soos wat U glo
Want ons weet dat dit ons net
Na die Ware Lewe lei

Dankie dat U so diep omgee
Dankie dat ons U hart kan vertrou
U is die Anker van ons lewe
Die Een wat ons elkeen so styf vashou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s