Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

God se hart se klop

Dis Ek wat in julle glo
My liefste kinders
Dis Ek
Wat in julle glo

Liefste kinders
Sal julle asseblief begin ja sê
Vir die klop
Aan julle hartsdeur

Dit is tyd om My in te nooi
Sê Abba Vader
Dit is tyd
Om waarlik ja te sê

My hart se klop is altyd
Dat My en joune
In ritme sal begin klop
Kinders asseblief sê ja daarvoor

My hart se klop is altyd mooi
Sê Abba Vader
Dis altyd mooi
Dis altyd vir jou

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Sê Abba Vader
Soveel nader as wat julle nou is

Sal julle kom
Sal julle ja sê
Kan ons begin om die diepste verhouding te bou
Dit is wat Abba sê

Liefste kinders asseblief
Sal julle My waarlik innooi
Om vir julle die mooiste waarhede te leer
Kinders asseblief sê ja

Dis die begeerte in My hart
Sê Abba Vader
Dat Ek en jy
Waarlik EEN is

My kinders asseblief
Kom nader
Kom vind My
Kom vind My asseblief in al My volheid

Dis so genoeg
Sê Abba Vader God
Dat julle bly weghardloop
Dit hoort nie so

Kinders van My hart
Kom asseblief nader
Kom asseblief nader
Aan My

My hart se klop is vir julle
Begin dit hoor
Sê Abba Vader
Begin dit asseblief hoor

My hart glo in julle sê Abba Vader
Ek weet dat as julle sou ja sê
As julle My net ‘n kans wou gee
Dinge soveel anders kon wees

Hoekom glo julle
Meer in julleself My liefste kinders
As wat julle in My glo?
Dit hoort mos nie so

Kinders Ek wil vra
Asseblief lê neer julle eie weë
Asseblief kom loop
Op Myne

Myne wen altyd
Sê Abba Vader
Want Myne is altyd beter
Kom droom net saam met My

Kinders asseblief
Kom droom saam met My
Kom gee My ‘n kans
Om die mooiste mooi vir julle te wys

Ek gee diep om vir julle
Julle moet dit asseblief begin glo
My waarlik vanuit julle harte
‘n Kans begin gee

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s