Blinde oë, Byt vas

Leuens met ‘n gehoor

Weet julle wie dit is
Wat so graag
In julle harte wil woon
Dit is Hy die Ewige Ek Is

Kinders asseblief
Gee My ‘n kans
Nooi My nader
Maak oop jou hart se deur

Dis al so lank
Wat Ek aanhou klop
Sê Abba Vader
Sê My asseblief wanneer sal dit wees

Wanneer gaan jy My
‘n Kans gun om binne te kom
Liefste kind
Ek wil nie hê dat dit ooit te laat sal wees

Julle moenie tot op die einde wag nie
Asseblief liefste kinders
Dan mis julle al die lekker van wat ons
Saam op hierdie aarde kon doen

Moenie wag totdat dit te laat is nie
Asseblief My liefste kinders
Ek wil vra dat dit
Nie so sal wees

Kinders asseblief
Gee My ‘n kans
Begin My waarlik innooi
Begin ja sê

Julle is te lieflik
Julle is te mooi
Julle is te fraai
Dit is wat My hart vir My bly sê

Kinders hoekom glo julle dit nie
Hoekom glo julle nie
Dat julle ewig spesiaal
En so kosbaar is vir My nie

Dis omdat julle na soveel leuens
Wat die vyand julle oor julleself vertel
Luister sê Abba Vader
Dis hy wat vir julle vertel dat julle lewe nie waarde dra

Kinders hoekom glo julle hom
Altyd bo-oor die van My
Sê Abba
Hoekom wen sy opinies altyd

Ek haat dit sê Abba
Ek verpes dit so
As julle aanhou, aanhou
Om na sy raad te luister

Kinders asseblief
Ek wil hê julle moet weet
Satan, hy gee nie ‘n flenter om
Vir een van julle

As hy sy sin kon kry
Was nie een van julle
Lank terug meer hier nie
Dis as hy sy sin kon kry

Liefste kinders
Ek is in beheer van hierdie wêreld
En dis omdat Ek nog hier is
Dat daar nog soveel hoop is vir julle

Dis omdat Ek julle terug gekoop het
Met My Seun se bloed
Dis hoekom Ek hier kan staan en kan sê
Julle is Myne

Julle is duur gekoop
Sê Abba
Verheerlik My dan in julle liggame
En die manier wat julle op planeet aarde loop

Kinders dis al wat Ek van julle vra
Julle liefde vir My
Julle liefde vir My
Wat doen as Ek vra

Kinders van My hart
Kinders wat daarbinne hoort
Asseblief leer My ken
Asseblief … kom nader

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s