'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Ekspidisie na Waarheid

Ken jy Hom wat ewig is
Liewe vriend, vriendin
Het jy Hom al ingenooi
Hom ‘n kans gegee

Dit is die beste besluit
Wat enige iemand ooit kan neem
Om Jesus Koning te maak van jou lewe
Ook hier en nou

Hoekom mense altyd bly wegskram
Dit weet ek nie
Vir jare het ek dit ook gedoen
Alles omdat ek Hom nie wou ken

Tog was daar altyd iets
Wat gefluister het
Letitia jy moet uitvind
Is dit regtig waar

Ek is so bly ek het ja gesê
Vir my ekspidisie na waarheid
Ek is so bly ek het gesê
Ek moet die waarheid opspoor

Wil jy nie ook vandag dieselfde doen
Vriend, vriendin Jesus wag vir jou
Hy wil net hê jy moet vir Hom wys
Dat jy waarlik wil

Begin om tyd met Hom te spandeer
Elke dag
Dis wat ek gedoen het
Hou net daarmee aan

Stadig maar seker sal jy sien
Hy word meer van ‘n werklikheid
Alles omdat jy bly soek
Alles omdat jy bly glo

Ons Vader is so goed
Voorwaar my woorde is te min
As ek kon vertel van wat Hy al in my lewe beteken het
Gaan dit ‘n hele rukkie neem

Al wat ek kan sê
En dit som dit kortom op is
God is goed
En Hy gee rerig om

Het julle geweet dat Hy liefde is
Soos in rerig-rerig
Dis iets wat ons maklik sê
Maar so moeilik rerig glo

Dink daaroor
Laat dit diep sink
Dis iets wat rerig in ‘n mens se pad met die Here
Jou lewensanker word

God se liefde
Vir my
Vir jou
Dat Hy so baie omgee

Dis omdat Hy goed is
Dat ek en jy vandag hier is
Dit is omdat Hy ons 1ste liefgehad het
Dit is omdat Hy ons gekies het

Vader U is voorwaar so goed
Te goed
So dankbaar is ek dat ek kon ja sê
So dankbaar ek het U ‘n kans gegee

Dankie liefste Abba
Vir elke voorreg
Dat U goed is meer as wat woorde kan sê
Dat U genade ons elke dag dra

Vader U weet
Wat die beste is
Vir ons
Elkeen

U omgee beteken die lewe
Die lewe en soveel meer
U is die Een, die Enigste Een
Wat ware lewe en oorvloed gee

So, so dankbaar
Ek het vir U ja gesê
My hartsdeur oopgemaak
U ‘n Ware Kans gegee

Dit is waar als begin
Liewe vriend, vriendin
Begin by Vader se volmaakte liefde vir jou
Begin net om dit te glo

Niks is te klein
Niks is te groot
Om vir Hom te gee
Hy gee om oor elke liewe ding

Dat Hy waarlik omgee
Is een groot seën
Dit is wie Hy is
Vir iedere en elke een

Al wat jy moet doen is glo
Hom een ware-ware kans gee
En jy sal sien vriend, vriendin
Wat ek hier sê dit is waar

Seën en liefde vir jou
Vriend, vriendin
Weet dit Vader-God kan ons glo
Hy is altyd-altyd daar

Gee Hom ‘n kans
Nooi Hom in
En jy sal sien vriend, vriendin
Jy sal sien dit is sooo waar

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s