Blinde oë, Liefde so groot

Kamp van omgee

Die Ewige Ek Is
Dit is U Naam
Die Een wat ewig waardig is
Die Een wat in my hart wil woon

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir my
Abba wil ons liefde hê
Hy smag na ‘n verhouding tussen ons en Hom

Ons Vader is so goed
Hy is net te lieflik
Waardig en hoër as alle ander
Die Enigste Een

Kinders asseblief
Hoor ons Abba se hart
Hoor hoe Hy klop
Hoor hoe Hy hoop jy sê ja

Dis nie vir Hom lekker
As Hy sien dat ons aanhou
Om buite rond te loop
Dit bring Hom geen vreugde nie

Soos die verlore seun
Dwaal ons ook rond
Wonder waar die ware antwoord lê
Totdat ons besef dit is Pappa se huis

Kinders asseblief Ek vra julle
Kom terug na My
Julle Pappa in die hemel
Hy wag net vir jou

Soos ‘n verlore skaap dwaal jy rond
Sê Abba
So naby die afgrond My liefste kind
Met My liefde sal Ek jou kom haal

Ek sal die verlore skape gaan haal
Sê Abba-Vader
Ek sal hulle veilig terugbring
Na die kamp van My omgee

Al het jy ook hoe rondgedwaal
Sê Abba Vader
Daar is ‘n kans vir jou om terug te kom
As jy net wou ja sê

Ja sê Abba Vader
Ek sal die 99 skape op ‘n veilige plek los
Om julle, jou
Die verlore een te soek

Hoekom is dit altyd so
Dat mense nie wil glo
Dat hulle nie wil sien
Dat Ek die Antwoord is

Liefste kinders asseblief
Gee My ‘n kans
Om My liefde te wys
Ek wil julle daarin toevou

Ek is die Een wat omgee
Oor elke een
Ek wil hê julle moet dit weet
Julle elkeen

Soos ‘n verlore skaap
Wat Ek gaan soek en haal
So doen Ek dit met julle elkeen
Kan julle dit nie sien

Liefste kinders
Liefste kinders asseblief
Glo in My soos Ek in julle
Gee My net ‘n kans

‘n Kans om julle terug te bring
‘n Kans om nuwe lewe in dooie bene te blaas
‘n Kans vir ‘n nuwe begin
‘n Kans om veraltyd saam met My te wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s