Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Dieper dieptes se uitnooi

Soveel kere wat Ek smag
Dat My kinders
Hulle harte met My sal deel
Kinders dit wat daar diep binne lê

Tog wil julle nie
Tog hou julle terug
Kinders hoekom maak julle so
Weet julle nie, Ek wil graag hoor

Pappa sê kinders van My hart
Kom hoor asseblief hier
Ek wil eenheid
Tussen My hart en joune hê

Ja sê Pappa-Vader
Ek wil hê Ek en jy
Ons twee
Ons moet mekaar waarlik ken

Kind dit is My hart
Vir My en jou
Sal jy asseblief
Ja daarvoor begin sê

Liefste kind
Kind van My hart
Jy moet asseblief
Nie meer terughou

Ja sê Pappa-Vader
Ek weet dit is vir julle moeilik
Om die goed te begin hoor
Om te begin verstaan wie Ek rerig is

Kinders dit is wie Ek is
Dit is wie Ek so graag wil wees
Iemand liefste kinders wat rerig so baie omgee
Oor julle hart, wie julle diep binne is

Kinders van My hart
Liefste kinders
Ek julle Pappa, Ek vra dat julle
Julle harte voor My begin oopmaak

Kinders asseblief
Julle moenie meer terughou nie
Liefste kinders asseblief
Julle moet vir My begin wys wie julle rerig is

Kinders, liefste kinders
Julle steek weg
Julle kruip weg
Julle wys nie wie julle rerig is

Pappa se kinders
Weet dit asseblief
Ek het julle nie gemaak om weg te kruip
Ek het julle gemaak om uit te vind wie julle in My Seun Jesus is

Koningskinders
My liefste kinders
Julle hoef vir niks skaam te wees
Kom vind julle waarde asseblief in My

Ek wil hê julle moet weet liefste kinders
Wie julle is in My
Ek wil hê niks moet julle kan terughou
Om vol lewens te leef

Liefste kinders
Die volheid wat julle so graag wil hê
Liefste kinders
Dis als in My

Hoekom liefste kinders
Wil mense dit nooit glo
Hulle probeer soveel dinge
Gaan na soveel plekke

Tog kinders
Liefste kinders
Kinders van My hart
Vind julle dit net nooit nie

Kinders Ek wil nie hê dit moet meer so vir julle wees
Liefste kinders
Kinders van My hart
Ek wil julle soveel meer gee

Vader vra waar sal Ek kinders kry
Bereid om saam met My te droom
Kinders bereid om oor te gee
En My pad te probeer

Liefste kinders asseblief
Dis al wat Ek vra
Gee My ‘n kans
Om vir jou te wys

Soveel dinge kan Ek draai
Soveel dinge kan Ek beter maak
In an instant sê Pappa
Gaan jy al weet daar is ‘n verskil

As sê Pappa
As mense My net ‘n kans wou gee
Liefste kinders Ek is so lief vir julle
Tog sê Pappa, tog is daar so min wat dit glo

Kinders Pappa vra
Sal julle asseblief My Lig en liefde
Vir hierdie donker wêreld wees
Pappa vra is julle bereid om waarlik vir My te skyn?

Liefste kinders
Ek soek soveel meer
Ek soek julle harte
Ek soek julle oorgawe wat vra na meer

Hoekom sê Pappa
Hoekom vra Pappa
Is daar so min van My kinders
Wat bereid is om te vra vir meer?

Liefste kinders
Die dieptes in My hart
Hulle is diep
Wil jy nie asseblief begin vra daarna?

Liefste kind
Dogter, seun van My hart
My begeerte vir jou
Is dat jy sal kom vind

Sal julle asseblief liefste kinders
Nie meer nee sê
Julle hou die deur altyd net op ‘n skrefie oop
Julle wil nooit nader kom

Liefste kinders
Kinders van My hart
Pappa se kinders
Kom nader asseblief, Ek nooi jou

Kinders julle ken My nog nie
Soos Ek graag sou wou hê nie
Ek weet My liefste kinders daar is soveel meer
En Ek wil so graag hê julle moet kom vind

Asseblief liefste kinders
Soos wat Ek smag dat jy jou hart met My sal deel
So smag Ek ook om My hart met jou te deel
Sal julle dit liefste kinders asseblief begin hoor?

Kinders Ek weet dat julle dit dikwels nie verstaan
Dat julle dit so graag wil oorkompliseer
Kinders van My hart
Pappa sê dit is nie nodig nie

Verhouding met My
Is baie meer eenvoudig as wat mense dit maak
Kom deur My Seun
Kom net soos jy is

Pappa se kind
Seun, dogter
Kom asseblief voor My Troon en weet dit
Ek gee rerig om

Vandag, môre
Gister
Altyd was Ek daar
Altyd sal Ek wees

Eer aan ons Pappa in die Hemel
Die liefdevolle Een
Die Ewige Ek Is
Pappa ons glo

Eer in die hoogste hemele
Eer aan ons liefdevolle Pappa-God
Die Een wat is
Die Een wat altyd sal wees

Onse Pappa-God
Dankie vir wie U is
Dankie so baie dat U altyd daar is
Dankie vir die voorreg om in U te glo

So baie dankie dat ek U kon vind
Dankie dat ek elke dag kan vashou
Pappa-Vader dit is genade
Ek sê so baie dankie daarvoor

Die Ewige Ek Is
Die Een wat altyd leef
Nou, vandag
En tot in alle ewigheid

Glorie wil ek net bring
Want U alleen
Abba-Vader
Is die Waardige Een

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s