Blinde oë, Nuwe hoop

Alledaags se mooi

Om te hoor hoe die voëltjies
Die dag verwelkom
Is iets waarvan ek nie genoeg kan kry
Dit bly so mooi

Is dit ook vir jou so kind van God
Weet jy dat jou Hemelse Pa
Ook op daai manier vir jou sê
Dat Hy jou baie liefhet?

Dit is waarvan die aardbol
En natuur getuig
Kyk mooi, neem dit in
Ek is daar

Ek bestaan sê Pappa-God
Asseblief liewe kinders
Sal julle ophou om dit nie te glo
As alles om julle daarvan getuig

Liefste kinders asseblief
Kom nou, kom glo
Dat daar niemand soos Ek is
Ja die onvergelykbare God

Kinders dit bly so mooi
Is so groot
Wanneer kinders kom
Hulle vertroue in My plaas

Liefste kinders
Van die wêreld asseblief
Sal julle asseblief kom
Dit meer en meer kom doen

Julle vertroue moet julle
Asseblief in My kom sit
Stukkie vir stukkie
Tree vir tree

My liefste kinders
Seuns en dogters van Abba-God
Luister asseblief hier
Julle is met soveel waarde gemaak

Sorgvuldig, met soveel sorg
Het Ek julle aanmekaar geweef
Met elkeen van julle se lewens
Het Ek so ‘n spesiale plan

As elke mens net wou kom
En kom uitvind wat dit is
As net meer mense My wou vertrou
Sou hierdie wêreld rerig ‘n soveel beter plek wees

Dis omdat julle nie weet nie
Dis omdat julle nie glo nie
Met soveel waarde is julle gemaak
Ja daar is ‘n plan vir elke een

Kinders as julle net wou kom glo
Rerig glo
Rerig dinge sou soveel anders vir jou wees
Jy sou weet jy is hier met ‘n besliste doel

Liefste kinders
Van Abba en die wêreld
Julle is gemaak vir soveel meer
Nie net om te oorleef

Liefste kinders Ek weet
Pappa weet
Dit is hoe dit dikwels vir julle voel
Die alledaagse bestaan

Pappa se kinders
Asseblief hoor hier
Daar is soveel mooi in elke dag
Ek wil jou leer

Ja My liefste kinders
Asseblief hoor wat Pappa sê
Ek wil vir julle die mooi kom wys
Ek wil vir julle kom wys hoe klop lewe elke dag aan jou deur

Ja sê Pappa-God
Baie van My kinders is en bly blind
Hulle kan nie die mooi sien
Al wil hulle so graag

My liefste kinders asseblief
Ek vra julle met alles in My
Kom soek net na My
En die mooi sal jy sommer vanself vind

Ja sê Pappa
My liefste kinders
Ek het julle nie gemaak om hierdie yl en saai lewens te leef
Ek het julle gemaak vir soveel meer!

Liefste kinders asseblief
Weet dit vandag
Ek het ‘n plan
Ek wil so graag hê jy moet hom kom leef

Pappa se kind asseblief
Luister vir My
Luister na die stem wat jou net nader
Aan al die mooi van hierdie lewe wil neem

Pappa se kinders
Dogter en seun van Abba Vader
Luister vir My asseblief
Ek kom weer

Ek wil hê die lewens wat julle leef
Moet julle volheid leef
Kinders asseblief begin weet
Daar is soveel meer vir julle voorberei

Hierdie alledaagse bestaan
Is net die begin My liefste kinders
Dis net die begin
Daar is soveel meer

Ek het nodig dat julle begin glo
Soos in rerig net glo
Dis vir jou
En ja dit is moontlik

Moenie net na ander mense kyk nie
Seun en dogter van Abba
Kyk na My
Kom vind jy jou skeppingsdoel

Dis mooi My liefste kind
Dit is so mooi
Kom vind nou asseblief
Weet Ek wag vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s