Byt vas, Nuwe hoop

Tyd om te droom

Asseblief kom nou
Asseblief moenie meer nee sê
Weet jy daar is ‘n plan vir jou lewe?
Weet jy dat Ek so graag wil hê jy moet ja sê

Pappa se kinders
Kinders van die aardbol
Daar is so min van julle wat glo
Julle is hier vir ‘n rede

So min van julle wat glo
Julle kan rerig hier en nou ‘n verskil maak
Abba se kinders
Luister asseblief vir My

Raak julle nie moeg vir die luiheid
Waarmee julle die wêreld dien
Kinders julle moet weet
Julle is gemaak vir meer!

Elke dag in
Elke dag uit
Dis asof julle dink
Dit is al waarvoor die lewe is

Nee My liefste kinders, nee
Die wêreld is gegee
Sodat julle saam met My
Die wonderlikste goed kan bereik

Ek wil hê julle moet weer begin glo
My liefste kinders
Soos ‘n kind
Soos daai kleintyd-drome van jou

Onthou julle nog My liefste kinders
Julle het soveel aspirasies gehad
Julle het gedroom van dokter word
Of was dit nou ‘n ruimteman

Ai my liefste kinders, ai
Julle Pappa se hart kry so seer
Wanneer Ek sien
Hoe julle op dié drome opgee

Nee My liefste kinders
Julle moet onthou
Julle moet onthou julle is hier geplaas
Om die wêreld op groot-skaal te verander

As kinders glo julle dit so maklik
En dan kinders, dan iewers
Verloor julle die doel van die lewe
Julle rede vir bestaan

Pappa se kinders asseblief
Pappa wil vra
Begin weer droom
Begin weer wonder oor ‘wie jy eendag wou word’

Liefste kinders
My drome vir julle is so groot
Net so groot soos julle s’n was
Ek wou nie hê dat julle ooit daarop moes opgee

Nee My liefste kinders, nee
Moenie toelaat dat die wêreld en sy leuens
Vir jou vertel dit kan nie meer wees
Met My is alle dinge moontlik

Liefste kinders julle moet nooit julle kinderdrome ontgroei
Die dag wat julle die grootmens-lewe betree
Julle moet aanhou glo
Hierdie wêreld kan ek draai, ‘n verskil kan ek maak

Liefste seun, dogter van Abba
Begin weer glo
Asseblief
Net soos ‘n kind

‘n Kind glo
Hierdie wêreld gaan ek verander
Ek gaan ‘n verskil maak
Ek gaan lewe … groot!

Moenie kinders se drome demper nie
Asseblief grootmense moet dit nie meer doen
Net omdat jy nie jou droom gekry het nie
Beteken nie hulle gaan nie ook

Nee My liefste kinders
Ek wil hê julle moet droom
Ek wil hê julle moet weet saam kan ons
Ek en jy ‘n groot verskil maak!

Begin weer glo
Nes ‘n kind vra Abba
Kom lê jou drome voor My neer
En kom ons sien sê Abba wat ons kan waarmaak!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s