Ons is nie gemaak
Om net doelloos rond te swerwe
Nee ons is gemaak met ‘n doel
Ons is gemaak met ‘n rede

As meer mense
Net wou uitvind wat dit is
Sou hierdie wêreld
Met soveel meer vreugde-gesigte blink

Ja want dit is wat gebeur
Wanneer mense hulle skeppingsdoel
In My vind sê Abba
Hulle word baie bly!

Liefste kinders
Asseblief kom vind
Kom droom weer ‘n keer
Saam met My

Ek glo so in julle
Sê Abba
En Ek wil hê julle moet dit weet
Ja sê Abba DROOM GROOT!

Moenie terughou nie sê ons Koning!
Kom vertel vir My
Waar wil jy oor
Wat wil jy bereik

Dit bly vir My so mooi
Sê Abba
Is so mooi
Wanneer mense hulle drome met My deel

Het julle geweet
Ek is die Gewer
Van alle mooi dinge
So is dit ook met die drome in jou hart

Ja sê Pappa, ja
Ek weet van daardie diep versugtinge
Daardie drome diep in jou hart
Daardie drome wat hierdie wêreld wil verander

Liefste kinders
Dis altyd moontlik
Met My aan jou sy
Hoe dan anders

Julle moet vandag weet
Dat Ek in julle glo
Ja sê Pappa
Selfs al doen niemand anders

Sal jy vandag weet
Sê Pappa
Dat jy ‘n Pappa het wat jou aan’cheer’
Ons kyk vanuit die balkonne van die hemel

Ja sê Pappa
Ons sê konstant
Ek en My vriende
Julle kan My liefste kinders, julle kan!

Go sê Pappa, go!
Moenie meer terughou
Julle is gemaak vir soveel meer
Ek wil hê julle moet dit weet

Laat die luiheid staan
My liefste kinders
Weet asseblief
Dit gaan julle nêrens bring

Werk vir wat jy wil bereik
Seun, dogter van Abba
Werk en jy sal sien as jy terugkyk
Dit was die moeite werd

Julle moet leeglê
Nie so plek in julle harte gee
Dis nie die moeite werd nie My kinders
Dit is nie

Werk vir wat julle wil hê
Harde werk word altyd beloon
Kyk na die Comrades
Kyk na die Olimpiese Spele

Ag My kinders
My drome vir julle is groot
Ek wou dit maar net met julle deel
Sodat julle kan besef julle is gemaak vir soveel meer

Soveel meer as om net ander mense
Se drome te sien waar word
Soveel meer as om net ander te bewonder
Nee julle moet die held van julle eie lewensstorie word

Ja sê Pappa glo vir My
Daar is beter en daar is beste
Dit is mense wat die harde werk insit
Hulle word beloon

Word dan van daai mense sê Abba
Wat hulle drome najaag
Wat nie net opgee wanneer dit moeilik raak
En weet dat Ek die Droom-gewer is

My drome word altyd waar
Sê Pappa
In die mense se lewens wat daarna vra
In die wat hulle wil leef

Tot die einde sê Pappa
Het Ek drome en ideale
Wat Ek in My hart vir jou hou
Jy My liefste kind moet hulle net kom naspoor

Weet asseblief
Jy is spesiaal
Weet Ek het ‘n plan
En weet bo alles jy het nog ‘n rede om te lewe

Soveel sê Pappa
Soveel
Soveel kere wat My kinders dit ophou glo
Omdat hulle nie meer wil droom

Kom tel op die verlore drome
My kind
Kom tel hulle op en weet
Dat Ek hulle saam met jou wil droom

Kom gee oor
Kom vertrou My hart
Kom weet daar is nog ‘n plan en tyd
Om My drome vir jou waar te maak

Halleluja, Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s