Blinde oë, Nuwe hoop

Geroep vir meer!

Ons is gemaak
Vir soveel meer
Hoe wens en bid ek
Meer mense het dit geglo

Dis nie vir my lekker nie
As ek kyk na die wêreld en ek besef
Mense is doelloos
Hulle weet nie wie hulle in Jesus is

Soveel kere wat ek wens
Wat ek vir mense wil vertel
Vriend, vriendin weet jy jy is gemaak vir soveel meer
Weet jy ons leef net 1 keer

Een keer om ons alles te gee
Een keer om ‘n lewe van oorvloed te leef
Een keer om ‘n verskil te maak
Een keer om impak te hê

Ja sê Abba Ek weet
Soveel van My kinders
Wat nie ‘n idee het hoekom hulle hier is
Wat net aangaan asof elke dag net nog ‘n dag is

Geen rigting
Geen visie
So min hoop vir die toekoms
‘n Hart wat amper nie meer wil glo

My liefste kinders
Ek wil nie hê dit moet so wees
Ek wil hê julle moet weet julle is Koningskinders
Gemaak vir soveel meer

Ek wens ons kon
Eensklaps alles regmaak
Ek wens almal kon eensklaps weet
Ek is gemaak met ‘n doel

Tog werk dit nie so
Mense moet self vind
Ek wens net hulle wou dors raak
Dors raak om die meer te kom vind!

Kinders dit is so
Daar is soveel meer
As waarvoor julle leef
Tog is daar so min wat ja sê vir meer

Sal dit vandag jy wees wat sê
Weet jy dit is genoeg
Ek wil uitvind wat is die meer
Ek wil ‘n Johannes 10 vers 10 lewe leef

Kinders van My hart
Asseblief julle moet kom glo
Ek is die begin en einde
In My gaan jy soveel waarde vind!

Liefste kind
Ek is lief vir jou
En Ek bid dat jy sal begin besef
Jy is geroep vir meer!

Meer as waarmee jy
Jouself elke dag besig hou
Meer as waaragter jy
Elke dag wegkruip

Kinders verstaan julle nie
Ek wil julle die beste gee
Die beste van My hart
Die beste van My!

Julle moet rerig begin glo
Dat hierdie baie meer is
As net leë, mooi woorde
Dit is ‘n uitnodiging

Ek nooi jou
Om jou lewensdoel te kom vind
Die roeping wat Ek op jou lewe het
Die plan wat Ek so graag wil hê jy moet leef

Kinders asseblief
Kom nou
Kom vind
Wat Ek sê, dat dit so waar is

Kinders van My hart julle moenie meer terughou
Julle moenie meer nee sê
Julle moet kom vind dat Ek die heelbeste Pappa is
Waarvoor enige iemand ooit kon vra

Niemand se hart is so sag soos Myne nie
Niemand weet rerig hoe graag Ek net die beste vir jou wil hê
Dit gaan jy net begin sien en ervaar
Wanneer jy sê genoeg nou gaan ek begin soek

Kind dis al wat Ek jou vra om te doen
Asseblief kom nou, kom vind
Pappa wag vir jou
Ek hoop rerig jy sê die keer ja

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s