Byt vas, Nuwe hoop

God se drome in jou

Moenie opgee
Op die drome in julle hart nie
Asseblief liefste kinders
Julle moet vashou

As drome diep sit
En julle net nie van hulle kan vergeet
Dan moet jy weet dis ‘n Goddelike Droom
Dan moet jy weet dit is van My

Liefste kinders
Ek praat nie van oppervlakkige drome nie
Ek praat van die life-changing ones
Daai wat julle net met My hulp kan regkry

Ja sê Pappa, ja
Daai drome is gebore in die hemel se hart
Hulle vra na meer
Hulle vra na verandering

Ja sê Pappa, ja
Daar is baie kinders in My hart
Wat nie altyd weet
Wat om met hierdie drome te maak

My kinders julle hou aan
Om aan hulle vas te hou
Julle gee nie op nie en julle wag
Vir My en My tyd om dit te laat gebeur

Want ja sê Pappa
Dis gewoonlik Ek
Wat ‘n droom in My hart
Deur jou wil waarmaak

En dit sê Pappa
So ‘n droom
Is altyd die moeite werd
Om voor te wag

Dankie liefste kinders, dankie
Dat julle geduld wys
Dat julle vertroue wys
Met die waarmaak van sulke drome

Pappa se kinders asseblief moenie opgee
Op daai groot en diep drome in julle harte nie
Weet Ek het dit daar gesit
Weet Ek is die Groot God

Dis Ek wat hulle in en deur jou waarmaak
My liefste kinders
Dis Ek in jou
Wat daardie droom bou

Moenie opgee nie My liefste kinders
Hou vas
Wat Ek gee, dit maak Ek waar
Als in My tyd, als in My plan

Dankie aan kinders
Wat My so vertrou
Diep en mooi
Dit is waar julle vertroue moet lê

Ek is die Een
Wat diep en groot drome waarmaak
Die Een wat vir jou aanhou sê
Dit kan en sal gebeur

Hou net aan glo
Hou net aan bely
My God is groot
En dit is Sy droom in my

Sien sê Abba
Dis Ek wat werk
Om daai drome vervul te kry
Dis Ek in en deur jou

Dankie sê Pappa
My kinders aan almal van julle
Wat My toelaat om vir julle te droom
Daai kinders wat aanhou glo Ek kan en Ek wil

Dankie dat julle My bly vertrou
Dat julle glo Ek groter is
Dat julle weet Ek kan
En dat niks julle daarvan laat wegbeweeg

Julle maak My trots
Sê Abba
Net die manier hoe julle in My glo
Net die manier hoe julle weet Ek kan

Ek kan sê Abba en Ek wil
Meer en meer van My drome
Waarmaak in en deur julle lewens
Dankie dat julle daarvoor aanmeld

Ek glo in julle
Ek weet dat ons saam kan
Dit gee My hart hoop
Ek hoop ook vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s