Blinde oë, Nuwe hoop

Klein goue goedjies

Ons lewens snel verby
Tog besef ons dit nie aldag nie
Ons drome is min
Daar is belangriker dinge jy weet

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet begin besef
Waaroor die lewe rerig gaan
Dit is die klein en goue goedjies

Baie kere wat ons aangaan
En nie rerig besef
Die lewe is nie gemaak
Om een dolle gejaag te wees

Liefste kinders
Ek vra dat julle bietjie stil sit
Net bietjie besin
Waaroor gaan die lewe rerig?

Begin dit asseblief vir julleself afvra
Begin wonder
Waarmee hou ek my besig
Is daar ewigheidswaarde daarin

My liefste kinders
Julle moet besef
Die lewe gaan oor meer as net
Mooi huise besit en nuwe karre koop

Ja sê Pappa
My kinders Ek besef
Julle wil dit so graag hê
Maar wat van die klein goue goedjies wat julle elke dag omring

My kinders Ek wil hê julle moet besef
Die Ewigheid gaan nie omgee oor wat jy besit het nie
Hy gaan vra het jy liefgehê
Was jy wys met die besluite wat jy maak?

My kinders Ek wil julle vra
Om met oorleg te begin leef
Julle moet die ware waarde van die lewe
Vind en dit nastreef

My kinders dit lyk maar gewoonlik
Na naaste-liefde wys
Vir jou buurman of familie
Vir elke persoon wat jy raakloop

Dit lyk na liefde en omgee
Vir kinders en ou mense wat nie vir hulself kan sorg
Dit is My liefste kinders
Wat die Ewigheid – My – na aan die hart lê

Wat het jy gemaak
Met dit wat Ek toevertrou het aan jou?
My kind
Dit is wat die Ewigheid gaan vra

Het jy My liefgehad
Met jou alles
Het jy vir My geleef
Wil die Koning van konings weet

Kinders dis maar eenvoudig
Dit net julle wat dit
Dikwels oorkompliseer
Dit hoef nie so moeilik te wees

As jy baie het
Wees ‘n seën
As jy min het
Wees ‘n seën

As dit nou ‘n glimlag is
Of saad in My Koninkryk
My kind Ek gee nie om nie
Ek sien elke een

Sien kind
My hart is maar eenvoudig
Wanneer dit by die tipe dinge kom
Maak die wêreld net ‘n mooier plek

Dis maar waarop dit neerkom
Het jy die Ewigheid in oog gehou
Met die elke dag se rond hardloop
Die rondsweef van hier en dan daar

Dis wat gaan tel in die Ewigheid My kind
Het jy gedoen wat Ek gevra het
Het jy ‘n lewe van betekenis geleef
Het jy hierdie wêreld ‘n beter plek gemaak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s