Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Krag van ‘n glimlag

Om ‘n verskil te maak
Is maklik
Dit vra net
Glimlag waar jy ookal gaan

Die krag van vriendelik-wees
Moet ons nooit verloor
Dit maak soveel verskil
Dit maak die wêreld ‘n soveel mooier plek

Kinders van Abba-God
Ons is geroep om soos Jesus te wees
Dis eenvoudig
Sou Hy vriendelik wees of brom van oor tot oor

Dis vir my dikwels
Moeilik om te verstaan
Hoe ons Christene kan wees
Maar Jesus nie wil toelaat om in ons te leef

Want dis maar hoe maklik dit is
Jesus wees liefde in my
Of nee wag
Ek wil nog leef

Liefste kinders
Dis die keuse elke dag vir julle
Gaan ek vandag leef
Of gaan ek Jesus toelaat in en deur my

Sien kinders van Abba
Dis moeilik om soos Jesus te leef
Wanneer alles in jou nog vra
Na my manier en my manier alleen

Liefste kinders
Asseblief verstaan
Dis of Ek in en deur jou
Of dis jy alleen

Ons albei kan nie die besluite maak nie
Beurte maak werk ook nie altyd
Dis soos 1 stap vorentoe
En dan weer agtertoe

Nee my liefste kind
Asseblief
Kom ons probeer weer
Sal jy My kans gee om voor te loop

Dis maar al My kind
Wat Ek jou vra om te doen
Hou jou hart sag
Luister asseblief vir My

Rebellie in die harte van kinders
Is nooit lekker nie
So ook nie vir My
Kinders Ek is partykeer rerig moeg gepraat

Luister asseblief vir My
Vra Abba
Luister en weet
Dat Ek net die beste vir julle wil hê

Kinders julle moenie meer
Terughou nie asseblief
Julle moenie meer
Julle eie padjie wil loop

Asseblief kom net na My
Wees bereid om My toe te laat
Om jou alles te wees
Laat My toe om in en deur jou lig te wees

Dis maar al wat ‘n glimlag doen
My liefste kind
Dit verwarm harte
Gee hoop dat daar ook ‘n God is wat rerig omgee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s