'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Seer se genesing

Bring My asseblief julle harte
Almal wat moeg is
Seer het
En so verdwaald voel

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Het julle geweet dat Ek rerig omgee
En dat dit nie vir My lekker is om julle so te sien

Ja sê Abba-Vader
Ek geniet dit niks
Al wil so baie mense
Dit so graag glo

Kinders
Julle moet kom hoor en sien
Ek is God wat rerig omgee
Ek is God wat dinge vir jou wil beter maak

Julle moet asseblief nie meer aanhou
Om julle harte
Vir My toe te sluit
So kan Ek geen genesing bring

Begin My asseblief
Die kleinste treetjie toelaat
Om net in te kom kind
En met My liefde verligting te bring

Ja My liefste kind
Jy sal soveel beter voel
As jy My dit net wou toelaat
Om in te kom

Net wat mooi is
Bring Ek saam
Nee vir seer
Nee vir ek-gaan-nie-meer-glo

Kind hoe meer jy My toelaat
Om in jou binneste te werk
Hoe meer gaan jy My wil toelaat
Omdat jy die waarde van My woorde vind

Kind asseblief
Rerig jy hoef nie meer terug te hou
Jy kan kom net soos jy is
En weet dat jy goed genoeg is

Meer as
Dis so die grootste leuen
Van die vyand
Om jou weg van My te hou

Kind Ek wil hê
Jy moet jou hart en wese
Begin oopmaak vir My liefde en aanvaarding
Laat toe dat dit oor jou spoel

Jy het dit My kind
Jy het dit
Nou moet jy dit net ontvang
Jou eie maak

My liefde en aanvaarding
Dit genees soveel swak plekkies
In julle binneste My kind
Ek wil hê julle moet dit weet

Dus moenie meer terughou nie kind, maak oop
Laat genesing voortvloei
Elke donker stukkie in jou
Vul met My wonderbaarlike lig

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s