Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Hemelse drukkie

Soveel mense wat sê hulle glo
God is lief vir my
Tog doen hulle nie
Dit bly woorde vir jare, net soos vir my

Ek weet nie presies wanneer ek Jesus
Toegelaat het om my met Sy liefde te vul nie
Maar vandat ek dit die 1ste keer geproe het
Wou ek net meer hê

Ek vermoed dis toe ek
My hart begin oopmaak het
Hom begin toelaat het
Om na diep binne te kyk

Ek het nooit geweet
Sy liefde is so warm nie
Ek het nie geweet dat dit voel
Asof die hemel self my die styfste drukkie gee nie

Ek weet nie
Ek weet nie hoe om dit te beskryf
Dat dit hemel self op aarde was
Dit weet ek gewis

‘n Kus van ons Hemelse Pappa
Dit is wat gebeur as ons
Ons harte oopmaak voor Vader
Hom toelaat om na binne te kom

Het jy dit al ondervind
Vriend, vriendin?
Dan sal jy weet dat ‘n mens se diepste wese
Nog altyd gesmag het daarna

Dis asof twee halwe stukke
Volmaaktheid ontvang
Wanneer ons gebroke siele
Pappa se volmaakte liefde omhels

Daar is niks mooier as dit
En dis dan dat ek rerig besef
Ons Pappa het ons gemaak om Hom te vind
En sonder Hom gaan ons altyd leeg en verlore voel

En weet julle wat vriende
Dit is so die duiwel se hart
Om ons te weerhou van Pappa se liefde
Want hy weet watter volmaakte harmonie dit gaan meebring

Ons harte
En Pappa se hart
Een
Dis hoe dit moes wees van die Begin

En toe kry Satan sy voet in die deur
Fluister aan ons
Dat soveel ander goed
Dieselfde berusting sou bring

Maar tog het dit nie en ons het net
Verder en verder van ons Pappa bly wegdryf
Soos ‘n stuk dryfhout op die see
Wat in die niet verdwyn

Tog het ons Pappa toe op die horison verskyn
Met die kruis van Sy Seun en gesê
Nee My kinders Pappa het ‘n plan gemaak
Hier kom Ek weer

Nee My liefste kinders, nee
Ek sal julle nie laat verlore gaan
Hierdie Pappa is te lief vir julle
Ek sal julle kom haal

Liefste kinders, Pappa se kinders
As julle ouers is sal julle dalk verstaan
Hoe red jy nie jou kinders nie
Hoe doen jy dit?

Nee jy sal alles doen
Jou laaste asemteug gee
Dis wat Ek gedoen het
Met die dood van My Seun

Ek het in die plek van My kinders gesterf
Ek het hulle kom wys
Dis Ek, dis hulle Pappa
Ek sal hulle kom red

Pappa se kinders
Ek kon nie toelaat, Ek kon nie toesien
Hoe die vyand julle uit My huis kom steel
En julle dan vir ewig en altyd die verderf inlei

Nee My liefste kinders
Pappa kon dit nie doen
Ek kon nie
Ek kon nie

Pappa se kinders
Ek kon nie
Ek moes julle gaan red
Ek moes julle gaan haal

Pappa se kinders
My hart was so seer
Is nou nog seer
Oor die manier waarop Satan die waarheid verdraai

Hy sê vir julle dis omdat
Ek nie rerig lief is vir julle nie
Omdat
Julle nie goed genoeg is nie

Tog sê Hy nie vir julle
Ek het julle lank voor tyd
Uitverkies
Om in My huis te bly woon

Kinders dis nooit Ek wat My rug op julle draai nie
Nooit nie
‘n Goeie pa kan dit nie doen nie
Maak nie saak hoe hy probeer

Gaan leer ‘n bietjie
By julle aardse pappa’s
Gaan leer en sien
Hoe die beste pappa’s optree

Dis rerig tyd sê Abba
Dat julle ophou om My te verwar
Ek is nie ‘n kwaai en stroewe pa
Ek is die pappa wat saam met sy kinders speel en lag

Asseblief Pappa se kinders
Kyk
Kyk en sien
Ek is die Pappa waaroor elke kind droom

Ek nooi jou om terug te kom
Seun en dogter
Terug na Pappa se huis
Terug na My arms van liefde

Kyk sê Pappa
Kyk na ‘n aardse familie
Moet ‘n dogter of seun ooit werk vir hulle plek in die huis
Moet hulle hul ouers se liefde verdien?

Kinders nee
Nooit nie
Dis presies hoekom Ek wil hê
Jy moet net huis toe kom

Moenie werk om terug te kom nie
Seun, dogter van Abba-God
Net soos wat kinders gebore word uit ouers
Net so jy met My

Kom huis toe My kind
Asseblief
Pappa wag vir jou
Jy behoort lankal reeds aan My

Kom My kind asseblief
Hou op om so te verdwaal
Kom net huis toe en kom vind uit
Wie jy is vir My

Wit-gewas
Deur die bloed van My Seun
Meer as genoeg
Ja al heel van die begin

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s