Byt vas, Nuwe hoop

LiG-draers

Pappa se kinders
Ons het die mooiste Pappa
Weet julle dit
Mooier as die mooiste mooi

Woorde is nie genoeg
Ek weet nie of ons verwondering
En aanbidding
Ooit reg sal laat geskied

Pappa hoe om vir hierdie wêreld
Te vertel
U skyn helderder
As die blinkste son

Pappa hulle sien dit in ons
Ek en jy
Vriend en vriendin
Wat Pappa liewer as die lewe het

As Sy karakter-eienskappe, wie Hy is
Skyn regdeur my en jou
Sal hulle sien, kan hulle glo
Daar is ‘n God wat net totaal en al wonderlik is

Ja My liefste kinders
Sê ons liefste Pappa
Dit is hoe die wêreld sien hoe mooi en goed Ek is
Deur jou wat My toelaat om goed en mooi te wees deur jou

Dis hoekom Ek altyd
Vir My kinders vra
Sterf aan jouself
Leef vir My!

Dis sodat die wêreld kan sien
Ek is die God wie julle almal sê Ek is
Sien sê Abba
Hulle word net soos Ek en jy ook moeg vir leë woorde

Ja My kinders, ja
Hierdie wêreld wil sien
Julle is My kinders
Hulle wil dit nie net hoor

Kinders mense weet
Waar die krag lê van integriteit
Mense wat doen wat hulle sê
Mense wat is wat hulle sê hulle is

Sien julle kinders van Abba-God
Sien julle hoekom die wêreld
Partykeer in hul mou lag vir Christene
Dis omdat soveel Christene baie praat maar min doen

Ag nee My kinders, ag nee
Ek wil hê die wêreld moet na ons kan kyk en sê
Wow – net soos met Daniël – hulle is blaamloos in al hulle weë
Net met hulle geloof in God kan ons ‘n probleem kry

En My kind as hulle julle dan
In die vuuroond of leeukuil gooi
Verbeel jou die stories van getuienis
Wat ons gaan hê

Ag nee My liewe kinders, ag nee
Moenie sleg voel nie
Nou weet ons net sokkies-optrek
Dit is die antwoord op ons probleem!

My liefste kinders
Seuns en dogters van Abba-God
Ek wil hê julle moet saam met My
Skyn soos die son!

Blink soos julle Pappa My kinders
Blink soos julle Pappa
Ek wat in en deur julle leef
Dis al wat julle waarlik nodig het

Ai My kinders, ai
Gaan ons weer probeer
Gaan ons die wêreld en sy praatjies ore aansit
Deur ons wat die LiG en reinheid elke dag net liewer het?

Ons kan dit doen vriende
Ons kan
Word net liewer vir Pappa
Dit werk, dis al wat ek ook elke dag doen

Want sien in my hart
Leef ook dié begeerte
Wees ‘n waardige ambassadeur van Pappa
Skyn, leef deur my Jesus sodat hulle U kan sien

Ja Vader wanneer mense my sien
Dat hulle sal sien
Ek is die real deal, eks nie fake
Ek lief rerig my Pappa

Ek wil U boodskapper wees van LiG
En ja ek weet
Dit vat dat ek ook loop, leef en praat
Soos wat ek weet my Pappa doen

Dis eenvoudig
Lief Pappa met jou alles
Want dan sal ons die LiG en Sy manier
Net so baie liefkry

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s