Liefde so groot, Nuwe hoop

Tempeldiens se hoekom?

Somtyds
Raak My hart so seer
Wanneer Ek aan mense dink
Wat My nie wil ken

Seuns, dogters, kinders
Julle het nie ‘n idee waarop julle uitmis
Julle harte van seer het My so nodig
Tog hou julle aan sê nee

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Ek wil hê julle moet nader kom
My rerig kom probeer

Kinders julle hoef nie so vêr van My af te bly
Kom My liefste kinders
Kom asseblief heelwat nader aan My
Julle Pappa-God dit is wie Ek wil wees

Julle moet asseblief kom hoor
Julle moet asseblief kom vind
Daar is niemand soos Ek
Die ewige ware Een

Abba sê My liefste kinders
Julle weet nie wat julle nodig het
Soveel soos wat Ek weet wat julle nodig het
Asseblief Pappa se kinders, julle almal, kom net nader aan My

My Seun se dood sê Pappa
Het alles kom herstel
Die verbond tussen My en jou wat gebreek was
Alles

My liefste kinders
Abba se kinders
Julle moet My toelaat
Om julle meer te leer

Meer van My
Meer van My Seun
Meer van wat ons daardie dag gedoen het aan die kruis
Alles het dit kom verander

Kinders dis ‘n goeie ding
‘n Wonderlike ding sê Abba
Niks slegs
Soos wat julle partykeer daarna verwys

My liefste kinders
Pappa se kinders
Die tempeldiens was daar om julle meer van My Seun te leer
Wie Hy is en wat Hy vir jou en die hele mensdom sou kom doen

Liefste kinders
Dit was nodig vir julle om te leer, om te vind
Hoe skoon, rein en heilig
Ek in der waarheid is

Kinders dit was nodig vir julle om te sien
Dat geen mens voor My aangesing sou kon kom
Sonder bloed-vergieting
Sonder dat ‘n prys betaal is vir jou sonde

Sonde was die skeiding
Sonde was die probleem wat nog altyd tussen ons gelê het
Seun, dogter van Abba-God
Ek moes dit uit die weg ruim

As die dood van My Seun nie gebeur het nie
Sê Abba Vader
Sou intimiteit en eenheid tussen My en jou nooit gebeur het nie
Dit is wat Ek wil hê jy moet sien

Kinders die tempeldiens is vervul met die dood van My Seun
Asseblief My kinders moenie daarna terug verlang
As iets so wonderliks daarmee gebeur het nie
Wanneer Ek iets so wonderliks daarmee gemaak het nie

Nee asseblief My liefste kinders
Iets soveel beters het gekom
Hoekom volg julle nie die waarheid na nie
Vind uit presies hoekom en waarom dit nodig was vir Jesus om te kom

My liefste kinders
Tempeldiens het julle kom leer
Daar is ‘n protokol wat mense moet volg om in My teenwoordigheid te kom
Kinders dit het julle kom leer van intimiteit

Ja sê Pappa Ek weet
Baie van julle verstaan nie hoe dit werk
Tog wil Ek julle leer, wys
Meer van wie Ek is

Kinders asseblief
Sê julle Pappa
Kom leer meer van wie Ek is
Kom leer hoe My Seun self hierdie protokol vervul het

My kinders asseblief
Liewe kinders luister asseblief
My Seun se dood het die tempeldiens vervul
Moet asseblief nie terugkeer daarna

Julle verstaan nie
Wat ons aan die kruis kom doen het
Wanneer julle dit doen nie
Kinders asseblief laat Ek julle meer leer

Dis My toedoen sê Pappa
Dat ons vandag hier kan wees
Ek en jy
My Seun se dood alleen maak dit moontlik

Pappa se kinders asseblief
Luister vir My
As Jesus – My Seun – nie die Hoëpriester van julle harte geword het nie
Was daar geen manier dat julle ooit voor My sou kon kom

Sien julle die duur prys van My Seun
Betaal aan die kruis van Golgota
Sien julle dat Hy alleen
Die weg, waarheid en lewe is

Daar is soveel vrede in mense se harte
Wanneer hulle My Seun aanneem, hoekom?
Want diep binne ervaar jou hart
Die wonder van die perfekte verlossingsplan

Liefste kinders van My hart
Daar moes ‘n oploop wees na die klimaks
Hoe sou julle anders weet en kon verstaan
Presies wat Jesus vir julle kom doen

Hoe anders sou julle kon verstaan
Die onmoontlikheid van ‘n verhouding
Tussen My en jou
Sonder die tussenkoms van My Seun

Seun en dogter van Abba-God en die wêreld
Dis maar al wat Ek julle wou leer deur die tempeldiens
Jy sou moes verstaan Ek kon nie kom en tussen julle kom woon
As daar nie bloedvergieting plaasgevind het nie

Want ja sê Pappa
Bloed en sonde gaan altyd saam
Bloed moet vir sonde betaal
Dit is hoe dit van die Begin is

Liefste seun, dogter van Abba-God
Deur My Seun se bloed wat gevloei het
Vir jou en jou sonde
Kan jy kom nou in My regverdigheid en vrede leef

My kinders dit is wat julle moet verstaan
Sonder My was daar nie ‘n kruis nie
As daar nie ‘n plan gemaak is om julle in te bring
Was julle vir altyd verlore

Kinders, Abba se kinders
Dit is wat Ek wil hê julle moet raaksien
Met die kruisdood, met die prys betaal
Met die tempeldiens

Die vereistes om in My teenwoordigheid te kom
Daaraan is voldoen
Kom deur Jesus My kind
My Seun Hy het die volle prys betaal

Sien julle dit sê Abba
Sien julle die vryheid
Sonder My Seun was dit NOOIT moontlik
Om intimiteit met My te bou

Abba se kinders
My seuns en dogters
Ek wou hê julle moet My leer ken
Soos wat My Seun My ken

Dit het Ek kom moontlik maak
Deur My Seun
Deur vir julle te kom wys
Hy is die Enigste Deur wat jou waarlik toegang verleen

Ja sê Pappa, ja
Die tempeldiens was net ‘n skaduwee
Nou het die ware tempel gekom
Ek en My Seun in jou

Liefste kinders
Asseblief
Ek wil hê julle moet dit verstaan
Vasstaan in die prys betaal

My kinders asseblief
Julle hoef nie meer te werk om in My teenwoordigheid te kom
Jesus het dit alreeds alles aan die kruis kom doen
Die prys is ten volle betaal

Die prys vir My teenwoordigheid in jou
Seun, dogter verstaan jy nie
Sonder Jesus sou Ek en jy nooit eenheid kon bou
Seun, dogter dit sou wees

Dit sou bly
Ek en jy nie waarlik een
Pappa se kinders
Asseblief luister vir My

Ek weet dis nie aldag maklik
Om sin hiervan te maak
Maar kinders Ek sal julle leer
Meer en meer van My

Hou net vas
Tree vir tree
Nog ‘n bietjie nader
Dit is hoe ons meer waarheid betree

Liefste kinders
Seuns en dogters van Abba-God
Ek wil julle meer vertel
Die wonders wat in My hart lê

Kinders sal julle asseblief net kom vra daarna
Asseblief kinders
Kom vra en kyk, vind, leer
Dat Ek van soveel meer nog weet

Abba se kinders
Asseblief kom dieper
Kom vind My in nog meer waarheid
Weet Ek wag vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s