'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Beste ding

Kom gee My
Jou hart en lewe
Kom gee asseblief
Net totaal en al oor

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Besef julle dat dit die beste ding is
Wat enige iemand ooit sal kan doen

Om My lief te hê
Om My lief te kry
Om net waarlik ‘n pad te loop
Waar jy My elke dag meer leer ken

Ek wag vir julle
Sê Abba
Om meer van My hart te ontdek
Julle wil nie aldag kom

Kinders
Verstaan julle nie
Wil julle nie meer van My hê
Julle weet nie

Bring My
Jou hart en lewe
Asseblief Ek vra dit
Oor en oor

Julle weet nie
Waarop julle uitmis
Julle het geen idee
Ek wil hê julle moet kom vind

Ja sê Pappa
Ek weet dis somtyds moeilik
Maar verstaan julle nie
Die lewe wat dit vir julle gaan meebring

Hou op terugkyk sê Abba
Asseblief moet dit nie meer doen
Kyk vorentoe en weet
Ek is vir jou, en jou

Nuwe lewe wil Ek gee
‘n Wonderwerk
In jou binneste doen
Hoekom hou jy aan sê nee?

Kind jy verstaan rerig nie
Wie Ek is
Is te wonderlik om te aanskou
Asseblief begin sê ja

Ek wil julle binneste vul
Met lewe
En oorvloed
Lewe so baie groot

Asseblief kinders
Hou op sê nee
Ek wag vir jou
Ek hoop jy kom vind

My binneste wag
Roep
Wonder
Wie gaan kom, wie gaan ja sê

Daar is so min
Daar is so min
En Ek wens rerig dinge kon anders wees
Ek wens mense wou rerig kom

Liefste kind
Sal dit vandag jy wees wat sê
Ja Pappa ek wil kom
Ek wil wag op U

My kinders
Dis al waarvoor Ek wag
Kinders wat bereid is om te sê ja
Kinders se harte oop en bereid om te leer

Kinders
Ek vra na meer
Meer van My in jou
Sal jy My toegang verleen?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s