'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Geloof se mooi

Geloof so baie groot
Het ons God in my hart kom aansteek
Nooit het ek geweet
Ek kan Hom so baie vertrou

Geloof het my kom leer
My God is getrou
En Ek kan met alles in my
Op Hom bly staatmaak

Geloof is
Wat Hy wil hê ons moet leer
Geloof wat sê
Ek gaan my God se hand bly vashou

Maak nie saak wat gebeur
Ek gaan my oë op Hom bly hou
Kind Ek glo in jou
Dit is wat Hy konstant bly sê

Abba se kinders hou My hand vas
Hou aan om te bly glo
Ek is lief vir julle
En My liefde kan julle bly vertrou

Altyd daar op staatmaak
My kinders My liefde is getrou
Weet dit asseblief
Altyd-altyd is Ek daar

In die donkerste nag
In die mooiste dag
Altyd daar, dit is Ek
Weet dit asseblief vandag

Geloof wat nie opgee nie
Nooit nie
Dit is God se hart
Vir my en jou

Geloof wat aanhou sê
Ek sal my God bly vertrou
Maak nie saak wat die wêreld sê
Maak nie saak wie wat dink

Kind sal jy asseblief vandag begin
Om My so te vertrou
Met jou alles
Met jou hele hart

Abba se kind
Ek glo in jou
Ek wil hê jy moet dit weet
Altyd nader aan My bly beweeg

Ek gee om My kind
So baie
Weet dit asseblief
Weet dit asseblief

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s