'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Goue plan

Glorie aan ons Abba
Tot in die hoogste hemele
Dit is wat my hart bly sing
Dit is waarop my hart vertrou

Ons God se liefde en glorie
Wat ons tot op die einde
Sal bly dra
Wat altyd naby aan ons is

Kinders van Abba-God
Ons moet nie opgee nie
Ons moet aanhou
Om hierdie pad saam Vader te bly loop is so die moeite werd

My kinders asseblief
Weet dit gerus
Ek sal in julle bly glo
Tot die wêreld nie meer is

Julle hoef nie
In ander gode te glo
Want daar is nie een
Wat soos Ek is

Nie een van hulle
Haal asem nie My kinders
Moenie laat mense
Vir julle nonsiens vertel

As hulle het sê Abba
Sou een van hulle dalk al vir julle
Sonde en verkeerd-doen gesterwe het
Maar nee dit is nie moontlik nie

Daardie is iets wat net Ek kon doen
Sê Pappa
Dit was My goue plan
Om julle te kom red van die verderf

Pappa se kinders
Sal julle My asseblief glo
Elke dag ‘n bietjie nader kom
Kom vind die droom wat Ek gedroom het oor jou

Raak rustig My seun
Raak stil My dogter
Vertrou My hart
Leer My ken

Ek is konstant besig
Sê Pappa
Om na hierdie wêreld
Te bly uitreik

Konstant besig
Om vir hulle te sê
Dat Ek hulle liefhet
En dat Ek in hulle glo

Asseblief Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Kom glo My
Kom vertrou My hart

Meer My liefste kinders
Asseblief nog ‘n stukkie meer
Kom vertrou My hart
Kom vind asseblief uit wie Ek rerig is

Ek vertrou julle
Om te kom vind
Sê Pappa
Ek vertrou julle om te vind

Ek weet sommiges gaan sê
Ja
Ek weet sommiges gaan sê
Nee wat

Tog sal Ek maar bly vertrou
Bly hoop
Dat op ‘n goeie dag
Baie meer vir My ja sal sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s