'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Groenste Gras

Van genade-groot
Wat verlore kinders kom bly haal
Tot kinders
Wat in U bly glo

Abba U ken ons almal
U weet van iedere en elkeen
Dankie Abba Vader dat U, U Seun gegee het
Sodat ons weer die Lewe kon vind

Lewe het ons saam met U gehad
Toe verloor ons dit
Die oomblik toe ons van die boom
Van kennis-van-goed-en-kwaad eet

Partykeer weet ek nie
Hoekom het ons dit gedoen
Hoekom het ons U so min vertrou
Hoekom het ons vir die duiwel ja gesê?

My kinders
Abba se kinders
Julle moes weet
Julle kan My vertrou

Julle het dit nie geweet nie
My kinders
Julle het nie geweet
Dat Ek julle so baie liefhet

Ek het julle vertel
Baie kere sê Pappa, oor en oor
Oor en oor
Maar Ek weet nie Ek dink nie julle het My geglo

Net soos vandag sê Abba
Baie mense wat weet en hoor Ek is lief vir hulle
Tog hou hulle aan sê Pappa
Om hulle eie potjie te bly krap

Liefste kinders
Pappa se kinders
By My is die gras nie groener aan die ander kant nie
Ek is die groenste gras

Ek is die Waters van Lewe
Waar julle siele rus by vind
Ek is die Enige Een
Die Rustigheid wat in julle wil woon

Pappa se kinders
Asseblief luister
Waters van Rus soos Myne
Sal julle op geen ander plek vind

Ek is so baie lief vir julle
Ek gee so baie om
Leë woorde is Ek nie, beslis
As julle net wou, My alles julle s’n wou maak

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Kom vind waarvan Ek nou hier praat
Kom vind dat dit nie aansit is

Pappa se kinders
Ek is die Rus vir julle siele
Ek is die Een wat in julle harte wil woon
Die Een wat die dors daar diep binne wil les

Pappa se kinders
Hoor My hart
Ek gee om vir jou
Ek wil hê julle moet dit rerig besef

Julle glo My nie sê Pappa
Daar diep binne
Weet jy dit nie
Dis hoekom jy aanhou verloor

Kan Ek jou dus vra
My liefste kind
Seun en dogter van God
Kom kruip dieper by My weg

Kom kind kom, dieper
Soos ‘n hen wat haar kuikens onder haar vlerke hou
So wil Ek jou naby My hou
Jou altyd oppas en vertroetel

Liefste kinders
Dis nie so vreemde ding
Dis mos wat ‘n pappa doen
Hy hou sy kinders baie veilig

Pappa se kinders
Ek kan nooit verstaan
Hoe julle nie wil verder kyk
Hoe julle nie meer wil weet

Ag kinders
Ai toggie
Wat moet Ek maak
Om julle te kry om waarlik te glo

Want julle sê dit so maklik
Maar wanneer die popo-die-fan-strike
Dan vergeet julle alles
En baklei maar weer vir julleself

Liefste kinders
Asseblief begin glo
Begin glo dat My hart goud is
En dat Ek rerig altyd daar is vir jou

Pappa se kinders
My kinders
Dogter, seun van God
Asseblief kom glo soos Ek glo

Ek wil hê julle moet
Volwasse raak in julle geloof
Julle kan nie altyd
‘n Babatjie wil bly

My liefste kinders
Hoe gaan ons vir die goliatte stryd aansê
As jy klein Dawid
Nie besef wie jy is in My?

Asseblief My liefste kinders
Asseblief
Glo vir My
Ek is by jou

Ek is al wie jy nodig het
Om die stryd te oorwin
Kind gaan nie in jou eie krag nie
Maar kom in Myne

Kinders asseblief
Ek wil hê julle moet glo
Ek is by julle
Ek weet van iedere en elkeen

Hou asseblief op om te glo
Al die goeters wat jou net weer
Verder van My af wegneem
Bly naby aan My

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet My hartklop ken
Ek wil hê julle moet weet wat laat hom kliek
En wat maak hom baie boos

Asseblief My liefste kinders
Asseblief
Wees sag in julle harte
En asseblief kom vind My

Kom vind My in meer waarheid
As waarmee jy
My nog ooit gevind het
Asseblief kind vra vir meer

Vra na die dieptes in My hart
Vra vir My wat nog daar verborge lê
Kind Ek glo in jou
Ek wil hê jy moet dit weet

Ek wil vir jou gee sê Abba
Rerig My kind
Moenie glo dat dit verby is vir jou nie
Ek wil nog met jou praat

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Ek is die Ewige Ek Is
Die Een wat EWIG is

Watter voorreg
Om U Pappa te noem
Watter voorreg
Om U kind te wees

Kind leer asseblief
Meer en meer
Wie jy is in My
En wat dit beteken vir jou

‘n Nuwe Lewe het Ek jou gegee
‘n Nuwe Lewe in My Seun
My kind kom lewe vir My
Asseblief VOLUIT

Niks terughou
Niks ek is nie goed genoeg
Jy is so waardevol vir My
Jy is My ewige kind

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s