'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Laste soos veertjies

Ek is die Een
Wat ewig is
Die Een wat jy altyd kan vertrou
Ek wil hê jy moet dit weet

Kind somtyds vra die lewe baie
Somtyds is dit moeilik
Tog wil Ek vra
Dat jy asseblief nie sal terughou

Kinders asseblief, kinders rerig
Dis wanneer julle My deel maak
Van julle aardse stryd en probleme
Dat dit rerig ligter raak

Abba se kinders
Ek kan nie help dra
As julle nie vra daarna
My nie deel van die swaar laste maak

Dikwels dat Ek sien
My kinders wat aanhou probeer
Om asseblief tog net
Bo te bly

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Ek gee om oor julle harte
Ek gee om dat julle so swaar dra

Kind sal jy daai laste op jou rug
Asseblief met My kom deel
Sal jy sê Pappa dit is te swaar vir my
Help my asseblief daarmee

Pappa se kinders
Verstaan julle nie
Jesus het gesê Sy las is lig
Hy het gesê vermoeides kom na My

Hoekom hou jy aan sê Pappa
Verwoed om staande te bly
As jy gemaak is om My te vra
Ja My kind vra My asseblief net vir hulp

Dis vir My baie moeilik sê Abba
Om te verstaan
Dat julle kies om so te ly
Kinders weet julle nie Ek wil en kan dit soveel beter maak

Kom ons begin oor sê Abba
Aangename kennis liewe kind
Ek is die God van probleme
Die Een wat iedere en elkeen kan oplos

Pappa se kinders
Dis wat Ek wil hê
Dat julle My net sal vra
Om die laste vir julle te dra

My arms en skouers
Is baie groter as joune sê Vader
Moenie probeer om hulle alleen te dra
As Ek dan daar is

My kinders asseblief
Glo vir My
Laste maak ek so lig soos ‘n veer
As jy My net daarmee wou vertrou

Ek is groter as jou storm
My kind
Ek is groter as dit
Waaroor jy dink jy nie kan kom

My liefste kind asseblief
Dogter, seun van God
Kom sit julle vertroue in My
Kom glo soos ‘n kind

Pappa se kind
Ek is baie lief vir jou
Ek gee om
Ek wil hê jy moet dit weet

Glo dit vir ‘n slag
Sê Abba
Glo My
Jy sal soveel beter voel

Asseblief My kind
Ek wag vir jou
Ek weet jy kan
Jou vertroue net in My kom plaas

Ek gee My hart vir julle
En Ek wil hê
Julle moet hom elke dag
Meer en meer vind

Vertrou My hart kinders
Leer Hom ken
Ek is vir jou
Nooit teen jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s