'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Reënboë van hoop

Bring My ‘n hart wat glo
Sê Abba
Rerig glo
En kyk wat Ek daarmee kan doen

Geloof is anders as wat julle dink
Sê Vader
Dit sê glo en sien
Nie sien en dan glo

Abba se kinders
Ek weet dit is vir julle makliker
Om vas te kyk teen wat julle sien
En dan te glo God is naby

Kinders geloof werk nie so nie
Geloof sê hou aan glo
Maak nie saak wat
Jou omstandighede vir jou sê

Pappa-God se kinders
Ek wil julle op die plek van goud bring
Daai plek waar alles vir julle sê nee
Maar julle dan nogsteeds positief bly

Sien sê Pappa
Dis op die daai presiese plek
As julle aanhou bely God is vir my
Dat julle in liefde vir My groei

Ja sê Pappa
Dis ook op daai plek
Waar Ek julle kan lei
Na die dieper perfektheid van My liefde vir julle

Dis in die valleie van die lewe
My kinders
Dat Ek julle die kans gee
Om My hart en suiwer karakter meer te ontdek

Ja sê Pappa
Baie kere wat Ek julle
Tot op die plek bring en sê
My kind nou, vertrou My

Julle vat nie altyd My aas nie sê Pappa
Julle dink veel eerder
Ek is nie lief vir julle nie
As wat julle dink aan nou kan my geloof dieper groei

Challenges is altyd daar
My liefste kinders
Om julle meer van My te leer
Om julle nader aan My te trek

Kinders julle moenie opgee nie
In die valleie moet julle bly weet
Ek is daar by julle
En Ek gee rerig om

Dit sal nooit vir julle nodig wees
Om ‘n tree sonder My te gee
Kinders van My hart
Dis Ek wat die diepste waters saam met julle deurloop

Ja sê Abba Vader
Dit gaan ‘n besluit neem
Dat julle My op ‘n dieper vlak vertrou
Maar kinders die groei wat plaasvind is so mooi

Dis goud in My oë
My kind
Dit sê jy laat My toe om jou te louter
Laat My toe om jou geloof nog egter te maak

Kinders dis maar eintlik al
Wat moet gebeur in donker tye
Jy wat moet grond vasstrap en vasbeslote sê
Saam met my God gaan ek hierdeur

Kinders hoe gaan die egtheid
Van julle geloof ooit getoets word
As ons nie saam storms trotseer?
Hoe gaan jy anders leer dat Ek getrou is en bly?

Sien liefste kinders
Hierdie mooi beloftes in die Woord
Moet verstalting
In julle lewens ontvang

Pappa se kinders
Dis in die storms van die lewe
Wat daar soveel potensiaal lê
Om te groei saam met My, in geloof

Hou asseblief op
Om daarvan weg te hardloop
Hou asseblief op
Om dit nie in jou lewe te wil hê

Nee My liefste kinders
Dit werk nie so
Hou in die storms stywer vas aan jou geloof in My
Moenie laat dit skipbreuk ly

Asseblief My liefste kinders asseblief
Pappa-God se hart is vir julle
Nie teen julle
En dit is wat Ek in stormtye wil bewys

Sal julle My asseblief glo
Sal julle My hand asseblief
Net stywer bly vashou
Vir die lesse wat Ek julle in moeilike tye wil leer

Kinders die lewe is nie
Altyd maanskyn en rose nie
Dikwels is dit beter
Wanneer jy My toelaat om vir julle te wys

Kinders groei saam met My
Is mooi
Kinders dit is nodig
Dit help ook dat julle naby My bly

Kinders moet asseblief
Nooit so onafhanklik van My raak
Dat dit nie meer nodig is om te bely
God is my krag, dit is deur Hom alleen wat ek sterk staan

Kinders van My hart
Glo My asseblief
Ek weet wat Ek wil hê
En dit is net die beste vir jou

My woorde kan jy maar inneem
Diep gaan bêre in die kamers van jou hart
Hou vas aan hulle My kind
Wanneer donker dae vir jou aanbreek

My hart is altyd
Om vir julle die silwer randjie
Rondom elke donker wolkie uit te wys
Dit is Ek in die middel van julle storm

Ek die Rots
Ek die Anker waarsonder julle nie kan nie
Ek wat altyd reënboë van beloftes
En nuwe hoop in My hande vashou

My liefste kinders
Met My is daar altyd nuwe môre’s
Met My hoef jy nooit terug te verlang na die gisters
Want die bestes kom nog

Dankie Abba se kinders
Dat julle harte oop is om te ontvang
Dat julle harte oop is om te leer
Dat julle omgee om te hoor van My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s