Blinde oë, Byt vas, Oorgegee

Kamers vol skatte

Kinders van vandag
Kinders van môre
Sal julle asseblief nader kom
Sal julle kom uitvind wat leef in My hart

Liefste kinders
Asseblief kom nader
Kom hoor
Daar is geheime wat Ek met julle wil deel

Ek nooi altyd vir almal uit
Maar nie almal wil altyd kom
Net die wat rerig omgee
Dis gewoonlik hulle wat ontdek

Kyk want die saak staan so
Sê Pappa
Daar is kamers vol skatte in My hart
Dit gaan ‘n rukkie neem om hulle deur te werk

Ja sê Pappa
Dit gebeur nie vinnig
Ons gaan dit stelselmatig moet deurwerk
Daarom dat Ek vra bly asseblief ‘n rukkie

Ja sê Pappa
Dit is hoe dit werk
Van die begin
Wat Ek bly vra

Gee vir Jesus jou hart
En kom dan deur na My
Waar jy saam met Heilige Gees
Die skatte in My hart kom ontdek

Baie mense sê Abba
Wat by die kruis bly sit
Wat nooit omgee om die dieper dieptes
In hulle Pappa se hart te kom ontdek

Ja sê Pappa die kruis is alles
Dis die begin en moontlikheid van julle bestaan
Tog bly dit ook sê gaan dieper liefste kinders
Kom delf om en soek die diamante in Pappa se hart

Leer My ken vra ons Abba-Koning
Dit is wat moontlik gemaak is
Deur My Seun se kruisdood in Golgota
Kom bou intimiteit en gemeenskap van hart met My

Ja sê Pappa
Baie van My kinders
Wat die pot bly mis sit
Hulle dink hulle is gered en nou is dit maar dit

Nee My liefste kinders
Nee
Pappa wil vra en hê
Dat julle harte verhouding met Myne sal begin bou

Pappa se kinders
Dit is so mooi
Julle moenie wag nie
Julle moet sommer vandag begin

Pappa se kinders
Ek gee om vir julle
So baie en Ek wil julle nooi
Kom verken asseblief die dieptes en mooiheid in My hart

Ja sê Pappa net soos julle
Aardse mense ontdek en leer ken
Net so met My sê Pappa
Daar is net 1 verskil

Wanneer jy die wonderlike dieptes in My hart ontdek
Sal jy nooit weer wil ophou nie
Jy sal net wil aanhou en aanhou en aanhou
Rerig My kind

Glo My wanneer Ek vir jou sê
Dat geen aardse hart met My Hemelse een kan vergelyk
Ek het ‘n Goddelike een My kind
Een wat net mooi is

Ja sê Pappa My kind Ek weet
Jy glo dit nog nie
Jy het dit nog nie rerig geproe
Maar dit is hoekom Ek jou nader nooi

Kind van Abba-God
Luister asseblief vir My
Ek het die mooiste hart
En Ek wil hê dat jy hom sal kom ontdek

Dit is hoe jy My leer ken
My liefste kind
Deur voor My neer te buig en te sê
Pappa gee my asseblief meer van U

Ek is opsoek na kinders
Bereid om sulke gebede te bid
Sê ons Abba
Gebede wat vra na meer van My

Sulke gebede beantwoord Ek altyd sê Pappa
Want dit vra na meer van My
En wie Ek is
Is altyd so goed vir jou

Dogter, seun van Abba-God
Is julle bereid
Om sulke gebede te begin bid
Dit sal julle hele wêreld omkeer

Ja sê Pappa, ja My kinders Ek weet
Daar is baie dinge wat julle harte van My wil weglok
Maar kinders julle moet dit nie toelaat
Julle moet standvastig bly

Pappa se kinders glo vir My
Die wêreld en sy rykdom
Kan jou vir geen oomblik gee
Wat jy in My hart sal vind

Soveel diepte, soveel rykdom
Wat in My hart vir jou wag
Kind ‘n feesmaal is vir jou voorberei
Sal jy sê ja?

Sê ja asseblief vra Pappa
Sê ja vir al die mooi skatte in My hart
Sê ja jy sal beslis kom vind
Jy sal skouer aan die wiel sit

Kinders Ek wil hê julle moet weet
Mense wat dit doen
Hulle kan nie genoeg van My kry
Want hulle het al ontdek

Kinders die wie rerig ontdek het
Wil altyd nog meer ontdek
Hulle kan nie net stilsit en sê
Ag nee wat dit is nie die moeite werd

Kind as jy dalk nog so voel, as jy nie seker is
Of Ek rerig iets goed instoor vir jou hou
Wil Ek vra dat jy sal kom, vir ‘n ware oomblik
Net rerig sal begin om My volheid na te spoor

Ja sê Pappa, ja
My kinders maak seker julle vind voordat julle omdraai
Moenie net jou rug draai en sê
Weet jy wat dit werk nie

Nee My liefste kinders, nee
As dit nog nie vir jou werk nie
Is dit omdat jy nog nie My waarheid
En goedheid gesmaak het nie

Pappa sê nee My liefste kinders
Asseblief nee, kom vind rerig
Asseblief
Jy gaan so baie bly wees

Kind van Abba-God
Kind van die wêreld
Begin die diepte van wie Ek is
Asseblief met alles binne jou nastreef

Kind jy gaan vind
Dit kan Ek jou beloof
Moet net nie ophou
Nie voor jy 1 radikale ontmoeting met My het

Bly soek sê Abba
Bly soekend na My
Vra My Vader waar is U
Wys asseblief vir my

Ek openbaar Myself altyd
Aan mense wat met opregte bedoelings vra
Mense wat nie selfsugtig kom nie
Maar mense bereid om te wag op My

Begin wag My kind op My
In stilte-tyd
In jou kamer alleen
Sien hoe Ek opdaag

Moenie ophou
Hou aan
Jou hart is ons besig om te suiwer
Sodat jy reg is vir ontvang

My kind Ek glo in jou
Ek glo so in jou
Kind Ek wil hê jy moet weet
Ek sal nie ooit opgee op jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s