Liefde so groot, Oorgegee

Harte wat vertrou

Kinders wat na My kom
Met harte so oop
Hoe geweldig seën dit My hart
Sê ons Abba-Koning

Dit beteken vir My so baie
Dit sê julle vertrou My hart
Ek wil nog meer hê
Van dit wat Ek so graag wil gee

Kinders asseblief
Moenie stop daarmee nie
Julle is besig om julle harte
Met soveel meer mooi te vul

Meer van My sê ons Abba
Dit is Ek wat meer word in jou
Wanneer jy jou hande opsteek
En sê God kom asseblief in

Kind dit bly vir My
Die mooiste wonderwerk
Kinders wat bly glo in My
Al het hulle My grootheid nog net op aarde gesmaak

Kinders in die hemel
Is dit soveel groter en mooier
In die hemel is net Ek
En niks sleg

Kinders verbeel julle
Laat julle harte toe om in verwondering te staan
Die hemel gaan ‘n wonderlike plek wees
Ek is alles daar

Kinders asseblief glo vir My
Daar is nie 1 mens
Wat Ek nie wil hê moet soontoe gaan
In My Seun het almal die kans

Seun van God
Dogter van Abba-God
Laat julle harte in vreugde bely
Ons Pappa-God Hy is so groot

Dankie Abba Vader
Vir die Nuwe Begin
Wat U elke mensekind gun
In die dood van U Seun

Mag ons dit altyd
Met albei hande aanneem
Mag ons saam met U sterk staan
Teen die aanslae wat die wêreld meebring

Koning Jesus Christus
U is groter
Dit weet ons diep binne
En ons wil dankie sê

Saam met U wil ons bly getuig
Van liefde groot
Vir elke sterfling
Wat die dood verdien het

Glorie Halleluja
Aan U al die lof en eer
Vader U bly goed vir ons
En ons sê baie dankie

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s