Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Hemelse Lam

Ere aan die Lam
Die Lam wat geslag is
Vir my en jou
Deur Hom is ons sonde betaal

Al ons skuld en las
Het Hy op Hom gedra
Om ons te bevry
Ons weer ‘n nuwe kans op die lewe te gee

Sonder Jesus
Sou ons nooit as vrygekooptes rond kon loop
Want Sy bloed
Is soos geen ander nie

Sy seer en swaar
Het Hy vir ons gely
Vir ons die ewige liefde
Van ons Pappa kom terug gee

Ja sonder Jesus
Het nie 1 van ons ‘n kans gestaan
Om voor God te kom
Om ooit weer voor Sy Troon te aanbid

Die Seun van God
Het die ondenkbare gedoen
As hemelse lam
Het Hy rou op Hom geneem

Koning-God
Hoe kan ons dankie sê
Ons woorde bly so min
Wanneer ons aan daardie wonder-daad van U dink

Koning-God
U Seun het U gestuur
Om ons te bevry
En daardie blink plan het so goed gewerk

Vir ewig en altoos
Is die prys van sonde betaal
Ja myne en joune
Die hele wêreld s’n

Ons Pappa se aanvaarding en liefde
Het ons op daardie dag terug ontvang
Satan wou ons laat glo ons het dit verloor
Toe ons vir die slang in die boom ja sê

As dit nie vir God se liefde en aanvaarding was nie
Was die kruis glad nie daar
Maar die kruis bly getuig
Van Pappa se liefde vir elke mensekind

Hoe warm maak dit die hart
Net om te weet
Ek en jy is goed genoeg bevind
Jesus het dit aan die kruis alreeds kom bewys

Mense moet net glo
God se liefdesoffer aanneem en sê
Lam van God
Ek sê ja

Ja vir die skuldelas
Wat U op U geneem het
Ja vir die prys betaal
Ja vir ‘n nuwe lewe in Jesus

Dit is al wat ons moet doen
Liewe vriend en vriendin
Ons moet Jesus inneem
Sy liefdesprys ontvang en vir Hom leef

Geen groter geskenk
Het hierdie wêreld ontvang
Of sal Hy ontvang as Jesus die Gekruisigde
En toe opgestane en opgevaarde Heer

Geen groter een
Geen ander een
Het ons nodig as Jesus
Die Gesalfde Seun van God

Jesus die Lam van God
Wat die sonde van die wêreld
Op Hom neem
En toe wegneem

Jesus die Verrese Een
Jesus die Groot Een
Jesus ons Veraltyd
Jesus die Waardige Een

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s