Blinde oë, Nuwe hoop

Liegstories

Die prys is betaal
Sonde is weggeneem
Kom ons sê ja
Kom ons gee Hom al die lof en eer

As hierdie wêreld net wou verstaan
Om Jesus lief te kry
Hom te dien is so die beste ding
Wat enige iemand op planeet aarde kan doen

Ja baie stories van Jesus
Hier op die aarde
Party baie mooi
Ander wil ek nie eers hoor

Ek weet nie of julle weet nie
Maar nie almal op planeet aarde ken God eintlik nie
Party hou daarvan om stories
Oor Hom rond te vertel

Ek wens baie kere dat mense dit nie gedoen het nie
Dat hulle sal besef
Hulle praat van die lewende almagtige God
Wat veel groter as almal van ons is

Ek weet nie aldag hoekom hulle dit doen
Rebellie, trots
Of is dit diep seer binne-in
En dan doen ek maar wat ek altyd doen, ek bid vir hulle

Ek bid dat hulle God
En die waarheid van wie Hy is sal vind
Dat hulle nie verlore sal gaan nie
Maar dat hulle Jesus ‘n kans sal gee voordat dit te laat is

En dan bid ek genesing
Ek bid hoop oor hulle harte
En ek weet Abba-God hoor
En ek weet Hy voorsien

Ek wil jou vra
Sal jy saambid
Sal jy begin bid vir die verlorenes
Sal jy begin bid dat hulle gesond-raak van binne-in

Dit maak my hart seer
Al die goed wat ek hoor mense oor God vertel
En dan wil ek net sê
Mensekinders asseblief gaan vind want julle glo so verkeerd

Ja ek weet
Nie een van ons het die volle waarheid en dis okay met my
Al wat ek weet en dit het ek al gevind
Hy is soveeeel meer as die stories wat die wêreld oor Hom rondvertel

Wanneer gaan ons begin reg glo oor God
Wanneer gaan ons sien wie Hy waarlik is
Dit is die vra in my hart
Ek hoop en vertrou dat dit baie gou sal wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s