Blinde oë, Liefde so groot

Tweedehandse besluit

Soveel kere wat mense terughou
Soveel kere wat mense My nie beter wil leer ken
Als oor wat die wêreld
En mense oor My kwytraak

Kinders dis met julle
Wie Ek vandag wil praat
Julle wat nie wil glo
Oor dat julle luister na wat ander mense vir jou sê

Kind Ek vra jou
Hoe sou dit vir jou voel
As iemand 2de-handse inligting oor jou rondvertel
En niks van dit is waar

Want ja sê Pappa-God
Die stories oor My
Het al soveel stertjies bygekry
Ek weet nie meer waarnatoe nie

Dis asof Ek konstant besig is
Om My eer te herstel
My Naam wat soveel mense
Net deur die modder sleep

Ek is nie halfpad so sleg soos wat julle altyd hoor nie
Sê Vader
Ek is inteendeel soveel beter daaraantoe
Ek dink julle sal dit skaars kan glo as Ek vir julle meer moet vertel

Kinders luister asseblief vir My
Ek wil iets van jou vra
Sal jy asseblief vir jouself kom uitvind
Wat die waarheid omtrent My is?

Kinders moet asseblief nie net
Alles wat ander mense vir julle sê
Soos soetkoek opeet nie
Kinders dis nie reg nie en so verkeerd

Asseblief Abba se kinders
Laat luiheid net ‘n bietjie staan
Kom kyk self of alles wat jy oor My glo
Of dit rerig die waarheid is

Jy is besig om jouself
So te benadeel
Alles omdat jy vooroordelend
Teenoor My staan

Nee kind asseblief
Gee My en jouself
Albei van ons ‘n regverdige kans
‘n Gelyke speelvlak

Kinders ja asseblief kom soek
En vind uit vir julleself
Is dit waar wat ek hoor
Of is dit dalk verkeerd?

Dis maar al wat Ek julle vra
‘n Kans om reg te maak
‘n Kans wat jy nie weer verbrou
‘n Kans om My te leer ken vir wie Ek waarlik is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s