Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Tafels van Genot

‘n Nuwe Begin
Dit is wat Ek jou wil gee
In die bloed van My Seun
Kind asseblief kom nader

Kom kyk wat het jou Hemelse Pappa vir jou voorberei
Mooier as die mooiste drome wat jy kan droom
Dit is My hart vir jou
Seun en dogter kom asseblief nader

Al hoe julle gaan vind
Is as julle kom soek
Dis al wat julle moet doen
Kinders kom soek na My

Weet julle dat Ek julle liefhet
Met ‘n liefde baie groot
Weet julle dat Ek altyd agter julle staan
Sê dat Ek in julle glo

Kinders van die lewe
Baie kere is dit moeilik om te glo
Dat ‘n mens in Jesus
‘n Nuwe kans op die lewe het

‘n Kans om beter te doen
‘n Kans om beter te wees
Alles omdat die Seun van God
Self in julle kom leef

Kind van die wêreld
Dit is moontlik
Ek is altyd besig om nuwe kanse aan die wêreld uit te deel
Kanse wat sê kinders Ek glo julle, kinders asseblief kom weer

Ek wil hê ons moet die saak uitmaak
Sê Vader
Is jy teen My liewe kind
Of vir My?

Ek weet nie aldag nie
Sê ons Koning
Ek kan nie altyd reg
Tussen die lyne lees

Jou woorde sê iets
En dan getuig jou dade van ‘n ander
Ek is rerig nie aldag seker
Ek het gehoop dat dit duideliker sal wees

As dit vir My so moeilik is om te vertel
Hoeveel te meer nie vir die kinders van die wêreld
Wat wil weet
Of Ek leef in jou?

Dis baie moeilik My kinders, moeilik
Ek het kinders nodig wat My Naam met waardigheid dra
Kinders wat besef ek sê ek is ‘n kind van God
Laat ek dan soos een leef

Kinders julle besef nie
Maar kinders wat My Naam
Met soveel onwaardigheid dra
Julle doen eintlik soveel meer skade as goed

Pappa sê My kinders
Die wêreld is moeg om te hoor
Jy is ‘n Christen
Hulle wil dit in julle doen en late sien

Kinders dit is so eenvoudig
Tel op wie jy is in Christus
Besef wie jy is in Hom
En jy sal nooit ooit weer ‘n verkeerde pad wil loop

Kinders van die Lig
Lief mos nie dit wat in die donkerte gebeur
Is dit nie My liewe kind hoe dit is?
Dit is hoe dit moet wees

Abba se kinders
Ek vra dat julle net liewer word vir die Lig asseblief
Ek in julle
Word liewer vir My

Pa se kinders asseblief
Gooi al die verkeerd oor die kant van jou lewensboot
Ek wil hê julle moet rerig
By die oewer van lewe en oorvloed arriveer

Kinders dit kan nie
Volwaardig gebeur
As julle nie bereid is
Om die verkeerd te laat staan

Mens kan nie 1 ding begeer
En ‘n ander ding vet voer
Nee My liefste kinders
Dit werk nie so nie

Julle gaan nooit by die
Oorvloeds-Lewe in Jesus uitkom
As julle nie totaal en al
Van die verkeerde oewer af wegvaar

Kinders dis so eenvoudig
Asseblief hoor julle Pappa se hart
Ek het nodig dat julle glo
Ek vra julle vertrou Pappa se hart

My ideaal vir julle is soveel oorvloed
Spesiaal vir julle uitgesoek
Tog kan dit nie gebeur as julle die hele tyd
By ander tafels van plesier gaan aansit

Kinders julle gaan geen begeerte
Na My tafels van vreugde hê
As julle die hele tyd
Vol gestop word van ander nie

Die probleem is net
My liefste kinders
Al die tafels waarvan jy eet
Is nie ewe goed vir jou

Julle moet laat gaan van die
Vleestafels se genot My kinders
Dit maak dat julle die gees-tafels
Se genot nie kan geniet

My kinders Ek het dit al gesê
Maar Ek sal dit weer sê
Dit wat die vlees bedink is dood
Dit wat die gees bedink is lewe

Hoekom by die tafels van genot
Van wat lekker is in die vlees bly sit
As Ek jou Hemelse Pappa vir jou sê
My kind asseblief moenie, moenie dit doen nie

Hoekom, o hoekom
Vertrou julle nie My hart nie
Het My seun se lyf wat aan ‘n kruis hang
Nie vir julle gewys hoe baie Ek vir julle omgee

My kinders
Kinders van My hart
Ek soek die beste vir julle
Die heel-heel-beste maar julle hou aan om dit weg te wys

Nee asseblief My kinders
Moet dit nie meer doen
Begin om die vleestafels van die hand te wys
Sodat jy ware spys kan geniet

Liefste kinders
My gees-tafels van genot staan volgepak
Tot oorlopens toe vol, hulle wag
Hulle vra wie gaan van die heerlike spys kom geniet

Ek wil een van daai wees liewe vriend, vriendin
Ek wil een van hulle wees wat sê
Gee my meer
Gee my meer van my Pappa se hemelse kos

Dit is gewoonlik nie maklik
Om vir die vleestafels nee te sê
Tog het ek al gevind
Dit is wat ons moet bly doen

As ons by die totale som
Van lewe in die Gees wil uitkom
Moet ons die vleeslike begeertes
In ons elkeen neerlê

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Kom sien, kom vind
Ek is soveel meer as wat hierdie wêreld vir julle sê

Julle is gemaak
Om Koningskinders te wees
Kinders wat My toelaat
Om blink in en deur julle te skyn

Partykeer is dit vir My
Baie moeilik om te verstaan
Hoe kan die kinders van die wêreld
En My kinders bly nee sê daarvoor

Julle het net g’n idee wat julle wegwys
Dit sien Ek oor en oor
Alles getuig daarvan
Veral hoe julle aanhou om die verkeerd lief te hê

Staan op in julle kind-skap
My kinders
Besef wie julle is in My
En besef jy is vir soveel meer gemaak

My kinders julle is nie geroep
Om saam met die wêreld se kinders
Soos varkies in die vuil modder
Van die wêreld se begeerlikhede rond te rol

Julle is gemaak vir meer
Besef wie julle is
My liefste kinders
Besef wie julle is in My Seun

Ek roep julle sê Abba
Uit die vuilheid van hierdie lewe
Ja sê Pappa die sonde waaraan julle
Saam met sondaars meemaak

My kinders besef julle nie
Weet julle
Julle is kinders van die Lewende God
En Sy Koninkryk bestaan net uit Lig

Ja sê Pappa Lig
Geen donkerte sal ooit in My aangesig bly leef
Ek is die Ewige Lig
En Ek lief so wie Ek is

Dalk het julle net nog nie besef
Hoe wonderlik, skoon, rein en lieflik
Die Lig is waarin Ek woon
Wie Ek is

Kinders Ek wil niks en niemand anders wees
Om te weet dat nie ‘n enkele ding
In My Lig kan wegkruip
Is so fantasties vir My

In My Lig is daar nie plek
Vir skaam-wees en sleg voel nie
Ek weet dis iets waarmee die duiwel
Julle so baie kere gevange hou

Nee in My Lig
Is daar net liefde
En soveel aanvaarding
Vir almal wie bereid is om te kom

Kinders My Lig is ongelooflik mooi
Die duisternis en demone vlug daarvoor
Hulle weet hulle het nie ‘n plek daar nie
Want al hulle donkerte word ontbloot

Kinders julle moenie sleg voel
Wanneer julle vir die 1ste keer My Lig ontdek nie
Julle gaan dalk vir ‘n oomblik so bewus raak van die swart in julle lewens
Maar sodra julle net daar bly sal julle sien hoe My Seun se bloed en Lig julle skaam-wees verdryf

Julle sal dan voel
Hoe ons warmte om julle vou
Julle sal ervaar dat julle vryer voel as nog ooit vantevore
En julle sal net meer wil hê

Ja sê Pappa
Dit is wat My Lig doen
Sê Pappa
Dit stel jou vry om te wees wie jy is in My

Dis in My Lig
Dat jy jou waarde en identiteit ontdek
Dit is daar waar julle vind
Julle is so belangrik vir My

Abba se kind
Luister asseblief vir My
Die vuilgoed in hierdie wêreld
Steel net weer julle identiteit

Wees veel eerder kinders
Streef na
Wie Ek julle gemaak het in My Seun
‘n Heilige, skoon en rein, priesterdom

Kinders dit is hoe mooi dit is
Dit is wat Ek julle vra om te doen
Om Lig lief te kry
Omdat dit vir jou alte goed is

Jaag weg die donker uit jou lewe vra Vader
Vra hulle om nie ‘n minuut langer te bly
Hulle steel net kind
Weer jou identiteit in My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s