Byt vas, Nuwe hoop

Inkleur-missie

As ons net bereid is
Om te skyn soos helder ligte
In ‘n donker wêreld
Kan ons so ‘n groot verskil maak

Ons kan saam met ons Abba Vader
Hierdie wêreld so mooi inkleur
Ja ons kan ‘n verskil maak, hier en nou
Dit is waarvoor ek wil aanteken

Ek weet nie van jou
Maar ek wil nie net ‘n alledaagse lewe leef
Ek wil ‘n verskil maak
Groot impak hê

Dit was nie altyd so
Ek het ook al baie kere in die verlede
Terug gesit en gedink
Ag dit is vir ‘n ander een

Tog het ek nie besef
En dit het Abba my kom leer
Hy het elke een van ons nodig
Om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak

Ek hoop en bid dat ook jy bereid sal wees
Liewe vriend en vriendin
Om die mantel van verantwoordelikheid
Saam met My op te neem

Ja sê Abba Vader
Ja My liefste kinders
Ek word so bly as Ek sien dat julle aanteken
As julle sê hier is ek Abba gebruik my asseblief

Saam wil ons en saam kan ons
‘n Verskil maak
Ons kan hierdie wêreld
Met soveel mooiheid tooi

Dit is hoekom ons hier is
Ons is gestuur
Vind jou roeping
Leef vir God

Kinders van die wêreld
Kinders van My
Julle het nie ‘n idee
Wat ons hier op aarde saam kan verrig

Meld asseblief aan nog meer van julle
Die wêreld is ons missie
Ons gaan hom inkleur met hoop, genade en liefde
Ons gaan hom inkleur met Jesus Christus

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s